Monday 29 August 2022

Die Lesse

 Hou ons ooit op om te leer?

As kind word ons lesse geleer om in die groot wêreld te kan gebruik. 

Op skool leer jou kind vaardigheid aan om eendag 'n goeie werk te kan doen.

Watter lesse is belangrik? Leer ons, ons kinders hoe om God se lesse vir ons lewe te gebruik.

Watter lesse kan ons leer hoe God vandag met jou werk.

God het net een doel: Om jou by Hom Tuis te kry. Hierdie is nie ons tuiste nie. 

Wat leer God jou deur hierdie tydperk wat jy gaan. As jou lewe "smooth" gaan en jy het geen versoekings of struikelblokke in jou pad nie. Loof God in die tyd.

Lyk jou pad donker en onbekend, dit is dit tyd wat God vra om Hom te vertrou. Jou geloof is dit wat jou dra. God verander nooit nie Hy is dieselfde vandag en more.

Moet nie dat Satan jou vreugde steel nie. God is by jou neem sy hand leer die les vandag en vertrou Hom Hy is in beheer van jou lewe. Hy weet die beste vir jou, moet nie Sy tyd aan jaag nie. 

Loof Hom in jou wag, in jou vreugde, in jou hartseer tyd.



No comments:

Post a Comment