Tuesday 30 August 2022

Jou Bekommernisse

 Gee vandag jou Bekommernisse vir die wind en sien hoe dit weg waai. Moet nie daaraan vashou en heeltyd daar oor top nie. Dit roof jou van tyd wat jy anders kon benut het. Jy gaan dalk niks aan die saak kan doen of verander nie. 

Jou keuse is om dit te laat gaan, en aan dinge te werk wat jy wel kan beheer. Jou optrede en jou tyd. Bestee jou tyd so dat wat jy jou aandag aan gee is dinge wat binne jou beheer is.

Jy kan nie ander mense se reaksies beheer nie, net jou eie.  Leef vandag sonder sorge, as iets wil opkom wat jy weet jy nie kan beheer nie staan buite kyk na die wind en laat die sorge weg waai.



No comments:

Post a Comment