Sunday, 12 June 2022

30 Day challenge

 Wie kan 'n 30 dae uitdaging doen? Dit hang af wat dit is?

Kom ons probeer 'n 30 dae wat ons tyd saam bring met ons gesin, nie voor die tv nie en nie net as ons op vakansie is nie.

Dit gaan strek van 13 Junie tot 13 Julie en elke dag gaan ek 'n idee gee om saam jou gesin iets te doen.

Vandag se uitdaging is om 'n bord speletjie saam te speel. Groot uitdaging as een van jou gesinslede nie hou van bord speletjies nie. Kies een wat almal saam kan speel en 'n tyd wat almal pas. 

Kom ons sien wat gebeur en comment wat julle gespeel het en of dit 'n goeie tydjie saam was.



Thursday, 9 June 2022

Jou Glimlag

Wanneer jy glimlag is dit aansteeklik. Iemand gaan wel terug glimlag. Hoeveel keer 'n dag lag ons, en hoeveel keer glimlag ons?

Kom ons voor as vriendelik of nors? Groet jy mense met 'n glimlag of groet jy glad nie?

Glimlag vandag vir almal en sien hoe jou dag opkikker. Iemand het dalk net vandag jou glimlag nodig.

N dag sonder vreugde is 'n gemorsde dag.
Charlie Chaplin



Wednesday, 8 June 2022

Wysheid vir vandag

 Alles wat jy doen, moet jy opdra aan die Here, dan sal jou planne slaag.

Hoeveel van ons maak ons eie planne, en dan as dit nie uitwerk nie dan raak ons kwaad en gee vir God die skuld. Het ons Hom eerste geraadpleeg?

God weet die beste vir jou en die planne wat Hy het is beter as jou eie planne. Vertrou Hom vir jou dagtaak en sien hoe alles in plek val.



Tuesday, 7 June 2022

5 Beloftes om aan vas te hou

 1. God sal jou nooit verlaat nie

2. Die Stryd behoort aan die Here

3. Sy genade is vir jou genoeg.

4. Hy sal voorsien aan al jou behoeftes.

5. Die planne wat Hy vir jou het is Voorspoed.



Monday, 6 June 2022

Wie het jy nodig?

 Ons as mense het mense nodig in ons lewe. Ons het ander nodig om beter te Vaar.

Die een persoon wat ons wel nodig het wat so baie dinge vir ons kan doen is : Jesus!

Meer van my Jesus wil ek hoor, van Sy genade oor en oor, meer van Sy volle reddingskrag, meer van Sy liefde elke dag.

Meer van my Jesus wil ek leer, meer an Sy wil, dit bring Hom eer, Heilige Gees kom woon in my, wil U my Heiland toon aan my.

Laat Jesus meer word in jou lewe!



Sunday, 5 June 2022

Om dinge anders te doen

 Ons dink altyd daar aan - as ek maar dinge net anders gedoen het.

Elkeen van ons doen dinge Waaroor ons dan spyt is. Te vinnig gepraat, te vinnig gereageer.

As ons een ding kon oor doen wat sou dit wees?

Ek sal wou meer geduld toe gepas het met my kinders. Minder gekyk het na hulle foute en gekonsentreer het op wie hulle is.

Ons as mammas is dalk hard op ons self en ons opvoeding wat ons gee. As vrou wil ons meer tyd saam bring met ons man en meer liefde gee.

As vriendin wil ons soms net luister as om elke keer net raad net te gee.

As daar een ding is wat jy kon oor doen wat sou dit wees?



Thursday, 2 June 2022

Vergewe

Bybelse vergifnis: Om te vergewe beteken nie dat ons vergeet nie, net dat ons aktief veg om die seer aan God oor te gee. Kies om nie die oortreding te onthou of dit teen die persoon te hou nie. Daar is groot Vryheid hierin. Jy onthou dalk nog die daad, maar bid dat jou hart geen kwaadwilligheid of woede sal bevat wanneer jy dit onthou nie. Die oortreder woon dalk reeds in 'n selfgemaakte tronk van skuld en skaamte as gevolg van wat hulle gedoen het. Die laaste ding wat jy wil doen is om die Sleutels van Vryheid vas te hou.

Wees lief vir jou vyande. Bid vir hulle. Vra die Here om hulle hart sag te maak en te bid vir versoening en herstel.

Praat die waarheid in liefde met ander. Sê duidelik vir ander dat hulle jou onreg aan gedoen het en die manier waarop hulle dit gedoen het. Moenie toelaat dat hulle jou mislei om te glo dat die oortreding jou skuld is nie. Doen dit in die hoop dat hulle meer Volwasse in die geloof sal word.

Vestig en Handhaaf duidelike grense tussen jouself en ander. Wanneer iemand jou aanstoot gee, wees gou om te vergewe en stadig om kwaad te word.

Vra die Heilige Gees om enige Wortels van bitterheid of wrok te openbaar wat dalk wortel geskiet het weens 'n oortreding wat nie ten volle vergewe is nie. As die Heilige Gees niks openbaar nie, dan weet jy dat jy vergewe het. As die Gees 'n prentjie, woord of visioen van 'n aanstootlike manier openbaar, raak vinnig daarvan ontslae, sodat dit nie wortel skiet nie.

Die Verlore Seun-gelykenis in Lukas 15:11-32 is 'n uitstekende voorbeeld van geregtigheid en genade. Die oudste broer wou hê dat sy verlore broer vir al sy oortreding moet betaal. Tog het die vader 'n hand uitgesteek om bly te wees en fees te vier omdat die verlore seun van sy Bose weë gedraai het. Bid dat die oortreder hul lewe aan Christus gee. 

Die beste raad wat ek nog oor vergifnis gehoor het, is: jy weet jy het iemand vergewe wanneer jy ophou om in 'n negatiewe lig oor die oortreding te praat.



Wednesday, 1 June 2022

Vra vir wysheid

Vra vir wysheid wat antwoorde skep. Vra vir wysheid om die uitdagings vir vandag en môre te hanteer. Wens nie dit was makliker nie; wens jy was beter.

As julle egter in 'n situasie kom waar julle twyfel oor wat die regte ding is om te doen, gaan vra vir God. Hy sal nie Snaaks van julle dink of julle verwyt omdat julle onseker is hom om vir Hom te leef nie. Hy sal julle eerder help met alles wat julle nodig het. Gaan vra, Hy sal gee.



Tuesday, 31 May 2022

Hoeveel God gee

 Dink jy aan alles wat God vir jou gee?

Ons is geneig om te meer te kla as om dankbaar te wees vir dit wat ons het. Wat gee ons aan God, in ruil vir dit wat Hy vir ons gee.

God vra een ding - Jou lewe!

Ons vra 100 goed wat Partykeer niks met ons ewigheid te doen het nie. Ons soek aardse goed ons soek dinge wat ons nou en hier sal bevredig.

Vra ons om ons Harte te verander? Gee ons, ons lewe aan Hom, of hou ons terug.

Sy woorde is nog steeds dieselfde - Volg My.

Wat vra dit van jou - Volg Hom met jou hele lewe nie net sekere aspekte nie Alles!



Monday, 30 May 2022

Kom uit jou gemaksone

Deur klein treetjies buite jou gemaksone te neem, kan jy jouself stadig aan vertroud maak met 'n nuwe situasie en die selfvertroue kry wat nodig is om jou doelwit te bereik. 

Dit is so maklik om net die persoon te bly wie jy is of in jou situasie te bly. God wil die beste vir jou he.

So Waarvoor wag jy? Neem die eerste tree en Waag die onbekende. As Hy aan jou kant is kan jy nie faal nie.

Mense wil he jy moet faal, jy jouself dink dit is dalk onmoontlik. Maar vir God is niks onmoontlik nie.

Met Hom as jou vennoot kan jy berge versit.

Doen die onmoontlike vandag en kom uit jou gemaksone.



Sunday, 29 May 2022

Goeie gewoontes

 Kom ons konsentreer op goeie gewoontes die week.

Raak stil en gaan stap in die natuur en sien die mooi in die lewe raak. Daar is genoeg negatief rondom ons.

Begin die dag met 'n vriendelike groet aan almal en 'n glimlag op jou gesig. Haal maar gou die masker af glimlag eers en sit dan terug op. Ek dink ons het nou al verleer hoe om te glimlag met hierdie maskers aan.

Gebruik vandag opbouende woorde met mekaar. Dit is so maklik om iets negatiefs te se maar nie so maklik om heeltyd die regte woord op die regte tyd te se nie.

As daar 'n slegte gewoonte in jou lewe is, breek dit vandag met 'n goeie gewoonte.

Wees meer geduldig met jouself en ander rondom jou.



Thursday, 26 May 2022

Hoe maklik vergewe jy jouself

 Dink aan elke fout as 'n leer ervaring

Wanneer jy foute maak, dink daaraan as 'n leer ervaring wat jou kan help om in die toekoms beter te Vaar. Wanneer ons dink oor hoe ons die beste gedoen het wat ons kon met wat ons gehad het, kan dit ons help om onsself te vergewe en aan te gaan.

Aanvaar dat mislukkings jou nie 'n slegte mens maak nie. Almal misluk op een of ander stadium in haar lewe in iets. Moenie dink dat om iets te misluk - of dit nou 'n werk of verhouding is - van jou 'n slegte mens maak nie. Soos Bill Gates gesȇ het: "Dit is goed om sukses te vier, maar dit is belangriker om ag te Slaan op die lesse van mislukking." Om uit 'n mens se foute te leer is 'n stap om jouself te vergewe.

Jou verlede sal jou in 'n groef van skuld en skaamte hou óf jy sal dit aanvaar vir wat dit is en die Vryheid ervaar om aan te beweeg en die nou te geniet. Selfaanvaarding is van kritieke belang vir jou emosionele Gesondheid, so moet dit nie misloop nie!

Wanneer jy jouself nie kan vergewe nie, is dit soos om 'n emosionele Wond oop te hou.

Vergewe jouself God doen!!



Wednesday, 25 May 2022

Plaas jou vrese in perskpektief

 Vra jouself af, "wat is die ergste wat moontlik kan gebeur?" Dink aan maniere waarop jy daardie omstandighede kan hanteer as dit gebeur het. Sodra jy voorbereid is op die ergste, kan jy net gelukkig verras word deur iets beters!

Vermy die beantwoording van jou vraag met gekke moontlikhede soos: "Ek kan sterf." As jy dit doen, volg dit dan op deur te dink hoe onwaarskynlik dit is.

Kom ons sê jy wil 'n land uitstappie onderneem, maar al Waaraan jy kan dink is om gestrand te raak as jou kar breek of sonder petrol staan. Maak 'n plan hiervoor! Bring 'n ekstra petroltenk en 'n radio saam om met Nood dienste in aanraking te kom.

Vir elke vrese in jou lewe gaan jy agter kom as jy logies Daaroor gaan begin dink, kan jy planne maak om oor dit te kom.

Leef vreesloos vandag en wys jou vrese hoe groot jou God is.