Sunday 29 May 2022

Goeie gewoontes

 Kom ons konsentreer op goeie gewoontes die week.

Raak stil en gaan stap in die natuur en sien die mooi in die lewe raak. Daar is genoeg negatief rondom ons.

Begin die dag met 'n vriendelike groet aan almal en 'n glimlag op jou gesig. Haal maar gou die masker af glimlag eers en sit dan terug op. Ek dink ons het nou al verleer hoe om te glimlag met hierdie maskers aan.

Gebruik vandag opbouende woorde met mekaar. Dit is so maklik om iets negatiefs te se maar nie so maklik om heeltyd die regte woord op die regte tyd te se nie.

As daar 'n slegte gewoonte in jou lewe is, breek dit vandag met 'n goeie gewoonte.

Wees meer geduldig met jouself en ander rondom jou.



No comments:

Post a Comment