Wednesday, 4 August 2021

Die Goeie Nuus

 God wen!!  Alles wat nou gebeur is nie nodig om ons in vrees vas te vang nie.  God is daar vir ons en sal ons nooit verlaat nie.

My eie veiligheid is in elk geval nie belangrik nie. Al wat saak maak, is dat ek doen wat die Here vir my se om te doen. En dit is om die goeie nuus oor God se goedheid bekend te maak.

Hy sorg vir ons en is goed vir ons.  



Tuesday, 3 August 2021

God is aan jou kant

 Soveel vrae, soveel onsekerhede.  Wel daar is een sekerheid wat staan bo al die storms.

God is aan ons kant. Met God loop jy 'n bende storm.  Jy het geen vrees nodig nie.  Bekommer jou nie oor more nie.

Ons het nodig om te onthou dat God goed is vir ons.



Monday, 2 August 2021

Spreuke vir vandag

 Daar is twee dinge waarsonder jy in hierdie lewe nie kan klaarkom nie. Een is 'n begeerte om reg te leef. die ander is om te weet hoe om reg te praat en te doen. 

Die twee sal jou gelukkig maak. Hulle sal jou lewe versier. Dan sal jy ook veilig en beskut voel.

Sterkte vir die week.




Thursday, 29 July 2021

Hy sal jou nooit teleurstel nie

 Daar is een persoon wat jy altyd op kan vertrou. God!

Hy is die enigste een wat die toekoms ken en jou vas hou en jou nooit sal laat gaan nie.

Hy ken jou by jou naam.  Hy sal vir jou sorg en jou beskerm.

Die wereld het lee beloftes, maar God se beloftes staan vas.

Vertrou Hom met alles al jou vrese en jou hele lewe.



Wednesday, 28 July 2021

Jou glimlag

As dit by glimlag kom, geld die ou gesegde van 'fake it' till you make it '. Het jy geweet die feit dat jy glimlag genoeg is om jou dopamien- en serotonienvlakke te verhoog? Dit verlaag ook spanning en versterk jou immuunstelsel!

Al is jy nie baie vrolik nie, probeer dan die tyd neem om jou lippe op te draai. Selfs 'n vals glimlag sal werk! Met verloop van tyd sal jy waarskynlik agterkom dat dit minder moeite verg, en voordat jy dit weet, voel jy van nature 'n bietjie meer opgewek.

Dit laat jou vriendelik klink.

Nêrens is hierdie verskynsel meer duidelik as wanneer jy telefonies met iemand praat nie. As die persoon aan die ander kant van die lyn glimlag, duur dit nie lank voordat hul buiging, volume en toon die voorbeeld volg nie.

Om hierdie rede word medewerkers van kliëntediens dikwels geleer om 'met hul stem te glimlag' om hul klante op hul gemak te stel. Dit is 'n kritieke deel van die vestiging van vertroue, die opbou van handelsmerk loyaliteit en om so vriendelik en betroubaar moontlik voor te kom.

Glimlag vandag al is dit agter jou masker.



Tuesday, 27 July 2021

Wat is ek goed in?

 Ek hou van leier posisies.  Hou van om leier te wees en dinge gedoen te kry. Ek hou van om planne te maak en dan dit ook uit te voer.

Ek is baie eerlik en se 'n ding reguit hoe dit is.  Daarom is dit belangrik vir my om te leer om alles in liefde te doen.

Ek maak besluite oor kennis wat tot my beskiking is. Ek is 'n roetine mens en doen alles volgens lysies.

Daarom het God my geseen met my kinders wat heeltemaal die omgekeerde is sodat ek leer daar is meer in die wereld as net lysies.



Monday, 26 July 2021

Die waarheid maak vry

 Dit is soos my tiener sal se: ek weet wat die waarheid is dit is om dit te doen wat so moeilik is.

Ons glo so maklik maar as dit kom om die opdrag uit te voer en die waarheid te praat dan kan ons maklik verskonings uitdink.

Om in die waarheid te leef is om geen leuens te glo nie. Om altyd die waarheid te praat in liefde.

Alles wat jy doen moet jy in liefde doen.  Deel die waarheid sonder om te oordeel.

Volg die waarheid heelhartig nie met een voet in die wereld en een voet by Jesus nie. Volg Hom met jou hele hart.



Sunday, 25 July 2021

Dink aan dinge wat saak maak

 Daar het so baie dinge gebeur vandat ons laas gepraat het.  Waarmee moet ons, ons gedagtes besig hou?

Die dinge wat om ons gebeur is belangrik, maar moet nie ons gedagtes so opneem dat ons vergeet wat belangrik is nie.

God is en bly in beheer.  Ons moet dink aan dinge wat vir Hom belangrik is. Bly Vertrou op Hom wat sal sorg. Maak seker jou hart is vol liefde vir ander.  Bemoedig ander en gee vir die wat nie het nie.

In swaar tye is dit so maklik om net aan self te dink.  God vra van jou om vir ander te leef en nie net vir jouself nie.

Leef sy liefde uit. Hou jou gedagtes skoon van kommernisse en glo in al Sy beloftes.



Tuesday, 29 June 2021

wat wil jy leer om te doen?

 As ek nog iets wil leer om te doen, is dit om te hekel.  Naaldwerk te kan doen.

Ander tale te kan praat.  

Dit is dinge wat maklik is om te leer as ek dit alles in een dag kon leer sou ek dit aanpak.  Ek hou nie van om te sukkel nie en hou nie van om iets aan te pak wat vir my te lank gaan vat om aan te leer nie.

Wat sou jy graag wou leer om te doen? Laat my weet, en of jy dit sou aanpak as die geleentheid daar is.

Ons het geen verskoning om iets nuuts te leer nie met Ytube is alles tot ons beskikking om dit te doen. 

Dan het ons baie verskonings om dit nie aan te pak nie. Tyd wat ons nie het nie, geld wat ons nie het nie.

Ons sal altyd verskonings he vir iets. So wat stop jou om iets nuuts te leer.





Monday, 28 June 2021

Die woord liefde

 Liefde is om diep en onvoorwaardelik na iemand anders om te sien. Liefde word gemotiveer om die beste weergawe van jouself te wees wat jy moontlik kan wees omdat jy so passievol is oor die ander persoon.

Vir my is ware liefde wanneer jy in goeie en slegte tye heeltemal jouself in 'n ander persoon kan wees. Dit is om mekaar se verskille lief te hê en dit presies te waardeer soos dit is. Liefde is die gevoel dat iets ontbreek as jy apart is en die besef dat alles soveel beter lyk as jy saam is.

Wees lief  vandag vir almal rondom jou.  Net 'n update oor gister, ons planne bly dieselfde Vakansie hier kom ons.  



Sunday, 27 June 2021

Wat nou?

 Wel hoe voel jy vandag na die nuus van die President?  Is jou vakansie reelings in die wiele gery?

Jy het twee keuses. Gaan sit in ' n gat of maak 'n ander plan.

Wel my tiener het 'n mentel meltdown.  Net soos tieners dit kan doen.  Verandering vat sy nie goed nie, veral as ons verlede jaar nie eers die Julie vakansie kon hou nie.

Nou moet ma weer plan maak om almal positief te hou en besig te hou vir die vakansie. Anders het ek zombies wat net voor tegnologie sit of heeldag in die pajamas bly en morbiet.

Hoop vir my part ons reelings kan dieselfde bly.  Of dat ek met 'n blink plan kan kom om nogsteeds FUN te he.

Die lewe is te kort om te wag vir beter dae vat elke oomblik soos dit kom.

Goeie raad hoe verduidelik jy dit vir 'n Tiener.





Thursday, 24 June 2021

Wat is liefde?

 Dit is so maklik om vir iemand te se ek is lief vir jou.

Maar as dit nie omgesit word in dade nie is dit maar net lee woorde wat gespreek word.

Liefde is 'n werkwoord.  Liefde word gewys met tyd.  Liefde kan nie gekoop word nie.

Liefde moet uitgeleef word.  God is liefde.  God bewys sy liefde vir ons elke dag en gee ons ook die opdrag om ons vyande en naaste lief te he, deur aksies nie net deur woorde nie.

Hoe wys jy jou liefde?  

Liefde is aanraking. Wys vandag dat jy liefde in jou hart het.



Wednesday, 23 June 2021

Wat maak my gelukkig?

 Om dankbaar te wees vir elke nuwe dag met gesondheid.  Om te kan gee vir ander al is dit net 'n glimlag wat niks kos nie. Om te kan lag saam met my gesin. Ek wil elke dag vir my gesin wys hoe spesiaal hulle vir my is. 

Om elke oggend saam met God tyd deur te bring. Om Sy liefde uit te leef. Om tyd aan my gesin te kan gee. Om te kan oefen en te weet my liggaam is nog gesond.

Ek probeer so lewe dat ek geen "regrets" sal he nie. Ek lewe so dat ek my met niemand vergelyk nie. Ek is uniek en spesiaal.