Tuesday 28 September 2021

Die een persoon in jou lewe

 Daar is net een persoon in die lewe wat die moeite werd is en dit is

GOD!!!

Hy is die enigste een wat jou 'n meesterstuk noem. Jou vashou in Sy hande. Jou nooit sal los nie en vir ewig saam met jou sal wees.

Hy is die een wat belowe het dat Hy vir jou 'n plek voorberei en dan weer terug sal kom om jou te kom haal.

Hy is die een wat elke oggend vir jou die krag gee om die dag voluit te leef.

Hy is die een wat in beheer is en niks sal met jou gebeur sonder Sy medewete nie.

Leef so dat dit wys dat Hy die beste persoon in jou lewe is.



No comments:

Post a Comment