Monday 16 August 2021

Wat is moeilik vir jou?

 Is dit om altyd die regte ding te se en dit oor te dra in liefde. Ons het so baie opinies maar wat is reg en wat is verkeerd.

Wel as jy dit nie in liefde kan se nie moet dit glad nie se nie.

Om jou vrese te oorkom is dalk nie maklik vir jou nie. God se woord is duidelik: Moet nie bang wees nie Ek is met jou.

Om jou self te vergewe. Ons maak daagliks foute en is dan so hard op ons self.  Want dit is die duiwel wat ons aanklae dat ons nie goed genoeg is nie. Luister na God se stem: Jy is sy kind en niks kan jou skei van sy Liefde nie.



No comments:

Post a Comment