Sunday 15 August 2021

Beste tyd

 Die beste tyd om te oefen - is voor jou ontbyt.  Wel die wat dit kan doen good for you.  Ek hou van oefening maar stel dit uit tot laat middag en dan as die weer reg is.

Om Ontbyt te eet - 'n uur nadat jy wakker geword het. Dit is maklik, want as my ogies oop gaan is ek honger.

Om hare te sny - Maak seker jy is eerste by die haarselon, dan is almal nog lus om te werk hoe later is hulle moeg en gee minder aandag.

Check jou social media - Eers na 9 uur anders vreet dit jou oggend tyd op waar jy beter dinge kon doen.

Soek jy 'n nuwe huis - Doen dit ook eers na 9 uur die nuwe listings word dan eers geplaas en jy kan dan eerste reageer.

Drink jou eerste koppie koffie eers half tien. Vir die wat so lank kan uithou!!  Jy gaan beter voel die res van die dag as jy wag tot half tien.

Vat jou eerste breuk half elf van jou werk.  Gaan stap buite en kry vars lug.

Eet jou middagete 12 uur op die kop. 

Enige belangrike besluite doen eers half twee - Jy het al die hele oggend om jou navorsing te doen voordat jy die belangrike besluit neem.

Vat 'n middag slapie tussen 2 en 3 al is dit net so 10 minute dut. Sal jou brein wonders doen.

Doen eers 3 uur jou vergaderings. Na jou dut dan is jou brein vars en jy reg om na almal te luister.

Maak seker jy is net wakker vir 17 ure deur die dag sodat jy genoeg ure slaap kan kry voordat jou oggend wekker afgaan.



No comments:

Post a Comment