Monday 30 August 2021

Jou Glimlag

 “A smile is a powerful weapon; you can even break ice with it.”

Gebruik jou glimlag vandag as jou wapen.  Glimlag vir die persoon wat jou kwaad maak in die verkeer.

Die persoon wat te stadig volgens jou werk.  Glimlag vir die vreemdeling wat jy nie eers ken nie.

Kyk wat gebeur as jy vandag glimlag elke keer as jy iemand sien.






Sunday 29 August 2021

Leef dankbaar

 As jy rerig stil sit en begin dink en neer skryf, sal jy agter kom daar is baie dinge om jou waarvoor jy dankbaar kan wees.

Jy het vanoggend opgestaan en haal asem sonder om te sukkel. Jy lees hierdie epos en weet jy het oe om te kan lees.

Jy het ore om te hoor al die geluide om jou, jou kinders se stemme jou vriende jou eggenoot. Julle het nog lewe.

Vandag is 'n geskenk gebuik dit ten volle en leef dankbaar en sien die mooi in die lewe raak.



Thursday 26 August 2021

Is jy 'n Optimistiese persoon

 Jy glo ook in ander.

Optimiste glo nie net in hulle self nie, maar ook in ander mense in hul lewens. Hulle inspireer ander om die beste te wees. Hulle weet dat wanneer jy 'n persoon behandel soos hy of sy is, die persoon dit sal bly. Maar as jy 'n persoon behandel soos hy of sy behoort te wees, sal daardie persoon word wat hy of sy behoort te wees. 

Jy gebruik positiewe selfspraak om aksies te versterk.

Optimiste laat nie toe dat die huidige omstandighede of omgewing hul houding en bui bepaal nie. Hulle gebruik positiewe selfspraak om hul hoop uit te spreek en om goeie gesindhede, uitkomste en optrede te versterk. As dit nie te goed gaan nie, sê hulle dinge soos "Ek weet hier is 'n probleem, maar ek kan dit oplos" en gaan voort. As hulle met iets slaag, sê hulle dinge soos "Dit is net soos ek verwag het; Ek het hard gewerk en dit het vrugte afgewerp. 

Leef meer soos 'n optimis en sien die mooi in ander raak.



Wednesday 25 August 2021

Is jy Optimisties

Jy tel jou seëninge.

Dit begin alles met die tel van jou seëninge. Terwyl ander kreun en kreun, neem optimiste rekenskap van die goeie dinge om hulle. Dit stop nie daar nie; optimiste neem ook 'n inventaris van wat nie so goed is nie. Hulle is dankbaar vir struikelblokke, ontberings en selfs mislukkings, want dit is ankerpunte vir veerkragtigheid en wysheid. Optimiste weet wat jou nie doodmaak nie, maak jou net sterker.

Jy maak die meeste van alle geleenthede.

Optimiste glo daarin om die geleenthede wat die lewe hulle bied, optimaal te benut. Hulle is nie blind nie, ontken of naïef vir die risiko's en gevare verbonde aan die neem van kanse, maar kyk eerder na die groter prentjie, die beskikbare hulpbronne en laat dan elke geleentheid tel vir 'n baie beter toekoms vol moontlikhede. Optimiste is eenvoudig positiewe, visioenêre realiste, nie idealiste nie.

Jy glo in jouself.

Terwyl ander hul eie vermoëns bekwaam en twyfel, glo optimiste dat hulle goed genoeg is net soos hulle is en streef hulle voortdurend daarna om beter te word. Hulle vertrou hul eie intuïsie en vermoëns wanneer hulle hul daaglikse aktiwiteite uitvoer. Optimiste sal hulself eenvoudig nie oordeel of kritiseer teen 'n stel willekeurige, onrealistiese oortuigings en ideale van derde partye nie, soos dié van gewilde media of eweknieë. Hulle het nie almal se goedkeuring nodig nie; hulle doen net wat reg voel in hul harte.

Ons gaan so paar dae kyk na Optimiste is jy een of wil jy daarna streef om soos een te wees.




Monday 23 August 2021

Ek bid vir jou

 Wat beteken dit as jy vir iemand se ek bid vir jou. Is dit maar net woorde wat jy se.  Of tree jy rerig in vir die persoon by God en dra hom op in jou gebede.

Gebed is kragtig en as baie mense saam met jou bid oor een saak help dit net vir jou geloof nie maar ook vir hulle.

Maak seker as jy wel vir die persoon se jy sal vir hom/haar bid dat jy 'n gebedslysie het waar jy elke dag intree vir die persoon en wel vir hom bid.



Sunday 22 August 2021

Watter seisoen pas jou persoonlikheid die beste

 Lente

As die lente jou gunsteling seisoen is, is jy moontlik lus vir nuwe ervarings, en die lente -seisoen bied die kans op vernuwing wat jy nodig het na 'n lang, koue winter.

Somer

Die warm somermaande is 'n tyd om te reis en die buitelug te geniet. Jy is waarskynlik geneig aan die uitgaande, ekstroverte kant, en mense beskryf jou waarskynlik as optimisties, vriendelik en selfversekerd.

Herfs

Alhoewel dele van die wêreld geneig is om die lente as die seisoen van vernuwing te beskou, is herfs ook 'n goeie tyd om weer te begin. Die lewendige oranje kleure en die koeler weer van die herfs pas by jou konstante begeerte na verandering. Die komende vakansies inspireer baie om terug te dink oor die jaar wat was en planne te maak vir die komende jaar. 

Winter

As jy 'n warm trui aantrek en met 'n warm drankie op die rusbank gaan sit, klink dit dalk na jou idee van 'n ideale middag.

Ek hou van die somer!




Wednesday 18 August 2021

Jy het 'n keuse

 Om dieselfde persoon te bly of om te verander.

Verander sodat jy meer soos Jesus word. Een wat altyd bereid is om ander te help en altyd liefde te bewys.

Staan sterk en hou moed. God het klaar oorwin. Leef vreesloos en oorwinnend.  Vertel ander die Goeie Nuus. Leef so dat ander kan sien dat jy al reeds die ewige lewe het.

Moet nie moedeloos word nie.  



Tuesday 17 August 2021

Vers vir vandag

 Julle het My nie gekies nie. Dit was ek wat julle gekies het. En Ek het julle met 'n doel gekies: julle meot 'n vrugbare lewe vir God gaan leef. Ja, julle moet 'n permanente verskil in hierdie wereld gaan maak. Vra God om julle daarmee te help en Hy sal dit doen. Joh 15:16

Vertrou God se woord. Jy het 'n doel, dit is nie wat die wereld wil he nie maar wat God wil he.




Monday 16 August 2021

Wat is moeilik vir jou?

 Is dit om altyd die regte ding te se en dit oor te dra in liefde. Ons het so baie opinies maar wat is reg en wat is verkeerd.

Wel as jy dit nie in liefde kan se nie moet dit glad nie se nie.

Om jou vrese te oorkom is dalk nie maklik vir jou nie. God se woord is duidelik: Moet nie bang wees nie Ek is met jou.

Om jou self te vergewe. Ons maak daagliks foute en is dan so hard op ons self.  Want dit is die duiwel wat ons aanklae dat ons nie goed genoeg is nie. Luister na God se stem: Jy is sy kind en niks kan jou skei van sy Liefde nie.



Sunday 15 August 2021

Beste tyd

 Die beste tyd om te oefen - is voor jou ontbyt.  Wel die wat dit kan doen good for you.  Ek hou van oefening maar stel dit uit tot laat middag en dan as die weer reg is.

Om Ontbyt te eet - 'n uur nadat jy wakker geword het. Dit is maklik, want as my ogies oop gaan is ek honger.

Om hare te sny - Maak seker jy is eerste by die haarselon, dan is almal nog lus om te werk hoe later is hulle moeg en gee minder aandag.

Check jou social media - Eers na 9 uur anders vreet dit jou oggend tyd op waar jy beter dinge kon doen.

Soek jy 'n nuwe huis - Doen dit ook eers na 9 uur die nuwe listings word dan eers geplaas en jy kan dan eerste reageer.

Drink jou eerste koppie koffie eers half tien. Vir die wat so lank kan uithou!!  Jy gaan beter voel die res van die dag as jy wag tot half tien.

Vat jou eerste breuk half elf van jou werk.  Gaan stap buite en kry vars lug.

Eet jou middagete 12 uur op die kop. 

Enige belangrike besluite doen eers half twee - Jy het al die hele oggend om jou navorsing te doen voordat jy die belangrike besluit neem.

Vat 'n middag slapie tussen 2 en 3 al is dit net so 10 minute dut. Sal jou brein wonders doen.

Doen eers 3 uur jou vergaderings. Na jou dut dan is jou brein vars en jy reg om na almal te luister.

Maak seker jy is net wakker vir 17 ure deur die dag sodat jy genoeg ure slaap kan kry voordat jou oggend wekker afgaan.



Wednesday 11 August 2021

Moet nie Moedeloos word nie

 “When one door of happiness closes, another opens, but often we look so long at the closed door that we do not see the one that has been opened for us.”

– Helen Keller

Hierdie is so waar. Ons hou vas aan die verlede vir te lank.  Ons kyk vas aan die probleem as om op te kyk na die Persoon wat die oorwinning gee en die ander deur vir ons oop maak. 
God weet die beste vir jou.

Maak 'n besluit om weg te loop van die toe deur en gaan deur die oop deur.

Leef Vreesloos!!



Tuesday 10 August 2021

Doen een ding vandag vir jouself

 Om vir jouself te sorg.  As vrou en Ma en dan as sakevrou het ons baie rolle. Dit is so maklik om so besig te raak dat ons vergeet van onsself. 

Dit is goed om te werk en van jou tyd vir ander te gee. Jy het wel tyd nodig om te rus en te hervul.

Maak tyd vandag net om te ontspan in die natuur. Al is dit net om in jou eie tuin te sit en te luister na die geluide.

Kies altyd gesonde kos en slaap genoeg.  Jy kan nie gee as jou eie beker nie vol is nie.



Monday 9 August 2021

Spreuke vir vandag

 Ken die Here in alles wat jy wil doen, dan sal Hy jou help om dit uit te voer.

Ons is so geneig om alles self te probeer, ons eie planne te maak en so vergeet ons die Here.

Ken die Here in alles, al jou besluite wat jy wil maak. Vra eerste sy raad. Hy weet die toekoms en wil die beste vir jou he.

Jy sal sien dat sy wee die beste is. Vertrou Hom. Hy is en bly in beheer.



Wednesday 4 August 2021

Die Goeie Nuus

 God wen!!  Alles wat nou gebeur is nie nodig om ons in vrees vas te vang nie.  God is daar vir ons en sal ons nooit verlaat nie.

My eie veiligheid is in elk geval nie belangrik nie. Al wat saak maak, is dat ek doen wat die Here vir my se om te doen. En dit is om die goeie nuus oor God se goedheid bekend te maak.

Hy sorg vir ons en is goed vir ons.  



Tuesday 3 August 2021

God is aan jou kant

 Soveel vrae, soveel onsekerhede.  Wel daar is een sekerheid wat staan bo al die storms.

God is aan ons kant. Met God loop jy 'n bende storm.  Jy het geen vrees nodig nie.  Bekommer jou nie oor more nie.

Ons het nodig om te onthou dat God goed is vir ons.



Monday 2 August 2021

Spreuke vir vandag

 Daar is twee dinge waarsonder jy in hierdie lewe nie kan klaarkom nie. Een is 'n begeerte om reg te leef. die ander is om te weet hoe om reg te praat en te doen. 

Die twee sal jou gelukkig maak. Hulle sal jou lewe versier. Dan sal jy ook veilig en beskut voel.

Sterkte vir die week.