Tuesday 10 August 2021

Doen een ding vandag vir jouself

 Om vir jouself te sorg.  As vrou en Ma en dan as sakevrou het ons baie rolle. Dit is so maklik om so besig te raak dat ons vergeet van onsself. 

Dit is goed om te werk en van jou tyd vir ander te gee. Jy het wel tyd nodig om te rus en te hervul.

Maak tyd vandag net om te ontspan in die natuur. Al is dit net om in jou eie tuin te sit en te luister na die geluide.

Kies altyd gesonde kos en slaap genoeg.  Jy kan nie gee as jou eie beker nie vol is nie.



No comments:

Post a Comment