Wednesday 3 March 2021

Jou Prioriteite

 Wat is vir jou belangrik? Het jy lysies? Wat vat die meeste van jou tyd?

Eerste op jou lys is God, maak tyd vir Hom. Ken Hom in al jou wee en Hy sal jou paaie gelyk maak.

Raak stil by sy voete. Wees soos 'n Maria sy het die beste deel gekies. Marta was te besig om alles reg te kry.

Jou huis en kinders en man is belangrik. Kry jou krag eers by God. Dan sal al die ander prioriteite in plek val en niks sal jou onder kan kry nie.

Spandeer jou tyd reg vandag.



No comments:

Post a Comment