Thursday 4 March 2021

Verander jou Selfgesprek

Jou selfspraak het 'n belangrike invloed in jou lewe. As jy sê dat iets sleg is, sal jy - bewustelik of nie - 'n negatiewe houding daaroor ontwikkel. Kyk na hierdie stellings:


Ek haat dit.

Ek is nie kreatief nie.

Die situasie is te moeilik om op te los.

Kan jy voel hoe sulke stellings jou houding beïnvloed? Jy sal nie 'n positiewe, houding hê met hierdie soort selfgesprekke nie. Die teenoorgestelde is ook waar. As jy sê dat iets goed is, sal jy 'n positiewe houding daaroor ontwikkel. Vergelyk die vorige stellings met hierdie:


Ek is mal daaroor!

Ek is kreatief en talentvol.

Die situasie is uitdagend en lekker om op te los.

Kan jy die verskil voel?


Aksie lys


Hou jou gedagtes fyn dop. Wat sê dit oor iets of iemand?

Is dit negatief? As die antwoord ja is, vind jy 'n ander hoek en stel 'n positiewe stelling in jou gedagtes.

Spreek die positiewe stelling in jou gedagtes uit,

Wanneer jy weer die negatiewe selfgesprek weer teëkom, vervang dit vinnig deur die positiewe



No comments:

Post a Comment