Wednesday 17 February 2021

Wat maak jou uniek?

 Jy is dalk iemand wat maklik praat met mense. Jy is die een wat maklik kan raaksien as iemand hartseer is. Daar is nie net een resep vir uniekheid nie. Al jou gawes maak jou uniek.

Sodra jy elke dag iets nuuts leer is jy besig om aan jou unikeheid te werk. Daar is nie twee van jou in die lewe nie. Jy is nodig om vir iemand anders die lewe makliker te maak.

Gebruik jou talente om God te verheerlik.  Moet nie net aan jouself dink nie, wees daar vir ander.

Leer ook by ander jy weet nie alles in die lewe nie.  Wees ook bereid om raad te gee mits dit raad is om die ander persoon op te bou.

Moet nie bang wees om te vaal nie. Moet nie bang wees om groter drome te he nie.  Moet nie twyfel nie!

Los jou probleme by God Hy weet die beste om dit uit te sorteer. Makliker gese as gedoen ek weet. Doen dit elke sekond as jy sukkel om dit daar te los en self jou probleme te wil oplos. 

As jy dink aan die Isrealiete by die rooi see, die Egtipenaars agter hulle en die see voor hulle nerens om te gaan nie. Wat sou jy doen in hulle skoene.

Wel ek: begin hardloop berge klim, swem en Moses se wag op die Here Hy veg vir jou! Hoekom is wag so moeilik?

God maak altyd 'n weg jy moet net wag!



No comments:

Post a Comment