Tuesday 16 February 2021

Jou kinders

 Wees dankbaar vandag vir jou kinders.  Vra die vraag vir jou kind wat moet jy onthou van hulle.

My dogter moet ek haar persoonlikheid onthou. Sy het nogal 'n uiteenlopende persoonlikheid.

Jy kan lag saam met haar. Sy het die vermoe om die beste en slegste uit jou voorte bring. Daar is geen dull moment saam met haar nie.  Opwindending is wat jy kan kry saam met haar.


My seun wil onthou word dat hy altyd sy beste gee en veral met squash. Hy is die een wat my fiks hou en seker maak ma wen nie altyd nie.  Ons kan lekker saam lag op die baan, alhoewel ek lekker kwaad kan word op die baan, net omdat ek wil wen en hy te goed is.

Waardeer jou kinders vandag en sien die mooi in hulle raak, want sonder hulle sou jou lewe erg verveelig gewees het.  Daar is 'n rede vir kinders in die wereld, hulle hou jou op jou kniee en laat jou toe om die mooi te sien. Kinders bekommer hulle nie oor onnodige dinge nie. Hulle harte is oop om ander te help.

Leer vandag iets by jou kind





No comments:

Post a Comment