Tuesday 2 February 2021

Wat is jy bang voor?

 Jou gedagtes het baie mag oor jou oor hoe jy voel en hoe jy reageer.  Positiewe gedagtes speel 'n belangrike rol in jou lewe. 

Is jy bang dat jy nie goed genoeg is nie - Wel jy moet onthou jy is 'n Koningskind en jou naam is in God se hand palm in geskryf, en niks kan jou uit God se hand ruk nie. Hou op om jou te meet aan mense se standaarde en dalk jou eie en meet aan wat God oor jou dink.

Is jy bang jy is nie slim genoeg nie - God gee aan jou gawes wat net joune is en net jy kan gebruik om Hom te verheerlik. Onthou jy werk op die ou einde vir God en nie vir mense nie.

Is jy bang dit is te laat om te verander - Daar is nog tyd terwyl daar nog vandag is, doen iets om jou lewe en ander se lewe te verander. As dit is om 'n besluit te maak vir die Here doen dit dan vandag vir Hom.

Is jy bang dat ander beter is as jy - Daar is nie twee van jou in hierdie wereld nie. Jy is uniek en dit help nie jy vergelyk jou met ander nie, want niemand anders kan doen wat jy kan doen nie.

Is jy bang dat jy jouself of ander sal teleurstel - As jy nie waag nie sal jy nie wen nie. Teleurstelling kom net daar as jy nie jou beste gegee het nie of aan jouself twyfel, en dit is die duiwel wat se jy kan dit nie doen nie. Jy is tot alles in staat deur Jesus wat jou die krag gee.

Spreek vandag lewende woorde oor jou lewe en los die negatiewe gedagtes en EK KAN NIE verwyder daardie drie woorde uit jou woordeskat.





1 comment:

  1. Amen dis sulke waar woorde.Dankie baie vir jou mooi gebed stukkies elke dag dit help ons so so baie...

    ReplyDelete