Monday 2 November 2020

Wyse mense

Wyse mense weet hoe om die woede te laat bedaar. As 'n rusiemaker weggaan, is alles sommer rustiger en kalmer. Onderlinge rusie en spanning sal dadelik ophou. As Wyse mense kan jy baie goeie dinge doen. As jy nie wys is nie doen jy die volgende:

Jy skinder en maak ander mense baie seer. Jou tong is soos 'n skerp mes wat mense stukkend steek. Jy dink dat niemand sal hoor wat jy se nie. Jy kry lekker as jy ander mense seer maak met jou woorde.

Jy kan net wys wees as jy naby God leef, Hy is die een wat jou kan verander. Jy kan op die Here vertrou Hy sal jou help. Die Here sal seker maak jy tree reg op. Daarom kan ons die Here loof.

As jy wys is is jy ook eerlik en niemand sal iets slegs van jou kan se nie. Jy is vol blydskap oor die lewe. 



No comments:

Post a Comment