Tuesday 3 November 2020

Waarna sien jy uit?

 Sien jy uit na jou vakansie waar jy net lekker kan gaan rus.  Wil jy net hierdie jaar oor he en 'n nuwe een begin.

Waarop hoop jy? Dat volgende jaar beter sal wees? Waarop is jou oe gerig. Op die Tydelike of die ewige.  Tydelik kan dinge dalk beter raak jy kan 'n vakansie he, jy vooruitsigte kan beter raak.  

As ons uit sien na die ewige, bedoelende die Wederkoms van die Here, gaan dinge nie beter raak nie. Ons kan nie wil he die Here moet kom, maar dit moet nog steeds dieselfde wees nie.

Dinge voor die koms gaan nog baie erger raak, wil ons op hierdie aarde vir ewig bly of wil ons 'n nuwe tuiste he? 

So as jy uitsien na die Wederkoms, moet nie vasklou aan die nou nie, moet nie ongelukkig raak as dinge nie uitwerk soos dit moet nie. Sien dit as nog 'n dag nader aan Sy Wederkoms. Die Tydelike gaan verby, maar die Ewigheid staan vir ewig. 

Wees gereed om die Here te ontmoet en leef voluit sonder vrese. Hy het jou in Sy hande. Niks kan jou skei van Sy liefde nie.









No comments:

Post a Comment