Thursday, 19 May 2022

Moet nie bang wees om jouself te wees nie

Mense wat nie bang is om hulleself te wees nie, het geleer om kritiek nie so persoonlik op te neem nie.

Kritiek is altyd 'n weerspieëling van die persoon wat krities is, NIE andersom nie.

As jy van plan is om jou selfvertroue te bou, stel ek voor dat jy dit in ag neem.

Anders sal jy nie die moed hê om te praat, jou opinies uit te druk of 'n unieke stem te hê nie. Of doen die dinge wat vir jou saak maak.

As jy geen selfvertroue het nie, is jy twee keer verslaan in die Wedloop van die lewe.

'n Man of 'n vrou wat geen probleem het om hulleself uit te druk en te aanvaar nie, is gemaklik in hul eie vel.

Hulle haat nie die vel waarin hulle is, die liggaam waarin hulle is, hulleself, hul idees of wat hulle aan die wêreld het om te bied nie.

Wanneer jy jouself ten volle aanvaar en die ware jy laat skyn, is jy 'n wonderlike gevoel wat jy nie kan afskud nie.

Om selfvertroue te bou, moet jy jouself aanvaar en jouself ophef.

En hou op om jouself neer te sit sowel as om elke fout uit te Kies.



Wednesday, 18 May 2022

Leer iets nuuts

 Die bestemming is net 'n klein stukkie van die reis. Ons is so bekommerd oor doelwitte, oor ons toekoms, dat ons al die wonderlike dinge langs die pad mis. As jy op die doel gefikseer is, sal jy dit op die ou end nie geniet wanneer jy daar aankom nie. Jy sal bekommerd wees oor die volgende doelwit, die volgende bestemming.

Om elke dag iets nuuts te leer maak die lewe opwindend.

Moet net op jou doelwit Konsentreer nie geniet die reis en leer iets nuut terwyl jy oppad is na jou doelwit.



Tuesday, 17 May 2022

Wat om te gee?

 Partykeer dink ons om geskenke aan Ander te gee is genoeg, maar wat wil mense rerig he?

"n Oproep van 'n vriendin wat net lekker met jou wil gesels.

Net 'n nota op jou Tafel wat se ek is lief vir jou en dink aan jou vandag

Om genooi te word vir 'n koppie koffie.

Gee liefde en dit is gewoonlik met jou tyd aan die persoon 

Lag saam met die persoon.

Se dankie vir wat die persoon doen vir jou of beteken

Komplimenteer die persoon.

Dit kan baie meer beteken as net 'n geskenk in die hand.



Monday, 16 May 2022

Verander hoe jy na jouself kyk

 Om jouself lief te hê, jouself te Waardeer. Om te verstaan dat jy werklik waardevol is vir die wêreld en mense rondom jou, sal jou help om meer Liefde na jouself te lok.

Om Dankbaarheid en waardering te toon is egter 'n Goeie manier om Liefde te betoon. En mense Waardeer dit. Dit verander ook dinge in hul lewe. Versag hul dag en inspireer hulle om jou in ruil daarvoor te Waardeer. Liefde groei deur Dankbaarheid en waardering.

Maak hierdie een van die eenvoudigste, maklikste dinge om te verander in jou lewe.



Sunday, 15 May 2022

Doen die volgende glad nie meer nie

 Om te kla.

Dit is so  maklik om te kla, dit is moeilik om dankbaar te wees vir wat jy het. Sien die klein dingetjies raak wat jy wel het en vergeet van die dinge wat jy nie het nie.

Moet nie ander oordeel nie

Jy weet nie hoe hulle lewe is nie. Jy ken nie hulle pad wat hulle moet loop nie. Konsentreer op jou eie lewe.

Moet nie ander blameer nie

Erken jou foute en werk aan dit. Om die blaam speletjie te speel bring jou Nêrens nie. Jy groei net in jou eie lewe as jy 'n verskil wil maak.

Hou op om jou self te bekommer

Dinge sal uit werk soos dit moet op die regte tyd. Vertrou God Hy weet die beste vir jou.

Moet nie alles oordink nie

As jy 'n besluit gemaak het hou daarby moet nie heeltyd verander nie.



Thursday, 12 May 2022

Jou gedagtes

 Waaraan dink jy die meeste van die dag? Waarmee vul jy jou gedagtes mee?

Wat jy aan dink Bepaal jou keuses vir die dag. Is jou gedagtes gevul met vreugde? Is jou gedagtes vol twyfel?

Vul jou gedagtes met positiewe dinge. Onthou die Goeie en vergeet die slegte.

Kyk met nuwe oe na mense en sien die Goeie raak. Soek na die Positief in daardie persoon.

Werk aan jou verhoudings met jou gesin jou vriende en jou kollegas.  

Reik uit na ander moet nie net dink aan jouself nie.

Leef vandag vreesloos en in God se Liefde en dat jou gedagtes gevul word met die wete dat as God aan jou kant is het jy niks om te vrees nie. 

Dan kan jou gedagtes net vol vrede wees.



Wednesday, 11 May 2022

Moet nie so ernstig wees nie

 Wees meer gelukkiger. Moet nie die lewe so ernstig op neem nie. Meeste van ons weet nie hoe om pret te hê nie. Ons is heeltemal te ernstig. Ons vind nie die humor in die lewe nie. Ons maak nie grappies nie. Ons dink nie ons is Snaaks nie. So, ons gaan deur die lewe baie ernstig. Ons mis op die manier die helfte (of dalk al) die pret in die lewe. Doen iets 'n bietjie dom vandag.






Monday, 9 May 2022

Gedagte vir die dag

 Vertrou op die Here met alles wat jy het. Moenie staatmaak op jou eie insigte nie. Vra na die wil van God in alles wat jy doen. Hy sal die regte pad vir jou wys. Moenie jou eie wysheid oorskat nie. Hou eerder die Here voor oe en vermy wat sleg is. Dit sal jou liggaam gesond hou.



Thursday, 5 May 2022

Hoe om vriendelik te wees

 Jy is meer Positief as Negatief en Glimlag meer. Sien die mooi in die lewe raak vandag.

Wees gou om te luister en nie gou om te praat of gou kwaad te word nie. Luister klaar na die persoon voordat jy dink aan 'n antwoord om te gee. Partykeer wil die persoon net he jy moet luister.

Moet nie jou humeur verloor nie.

Oefen empatie

Om simpatiek te wees is nog 'n manier om vriendelik met ander te wees. Probeer om iemand te wees wat die gevoelens van ander verstaan. Dus, as jy regtig mooi wil optree, oefen empatie.

Raak Rustig raak stadiger, net om heeltyd besig te wees kan jou onvriendelik maak want jy is die heeltyd haastig. Stop and smell the roses.  Sien die klein dingetjies om jou raak.

Stel 'n voorbeeld.

Wat is beter van 'n rolmodel vir iemand anders as iemand wat altyd vriendelik is. Probeer om 'n voorbeeld te stel.



Wednesday, 4 May 2022

Hoe help God jou?

 God sal jou leer waar jy moet gaan.

Hy sal jou lei

Hy sal jou raad gee met sy oog op jou

So het ons die Liefde wat God vir ons het leer ken en glo. God is Liefde, en wie in die Liefde bly, bly in God, en God bly in hom.

Ons kan dus met vrymoedigheid sê: “Die HERE is my helper, daarom sal ek geen vrees hê nie. Wat kan blote mense aan my doen?”




Monday, 25 April 2022

Waardeer jou lewe

 Tel jou seëninge vandag, jy gaan agter kom jy het baie om voor dankbaar te wees.

Wees dankbaar vir wat jy het al is dit hoe klein.

Kyk vorentoe en nie agter toe nie. Strek jou uit na wat voor jou is en maak jou los van wat agter is. Gister is verby en wat jy vandag doen beïnvloed jou toekoms.

Vergewe jou self en ander moet nie wrokke koester nie.

Doen die beste vandag wat jy kan.

I will give thanks to the Lord according to His righteousness, and will sing praise to the name of the Lord Most High.



Sunday, 24 April 2022

Jou tyd

 Waaraan spandeer jy jou tyd?

Jou tyd is 'n geskenk dit is nie joune om net te mors nie.

Maak tyd om stil te word voor God en jou dag te beplan saam met Hom.

Begin dan eers om jou tyd te gebruik op die dinge wat Hy vir jou wys vandag belangrik is.

Dan sal jy agter kom jy het genoeg tyd vir die dinge wat belangrik is.



Thursday, 21 April 2022

Sing vandag

 Sing 'n nuwe lied vandag. Vul jou lewe met sang.  As jy lof Liedere sing dan kan jy nie Mismoedig raak nie.

Bekommernis rem 'n mens af, bemoedigende woorde maak jou bly.

Bemoedig ander met jou woorde en moet nie vandag kla nie.

Roep ek tot Jesus Hy is getrou, Hy sal my altyd Digby Hom hou. Hy laaf my siel met Hemelse dou wanneer ek tot Hom roep.