Thursday 5 May 2022

Hoe om vriendelik te wees

 Jy is meer Positief as Negatief en Glimlag meer. Sien die mooi in die lewe raak vandag.

Wees gou om te luister en nie gou om te praat of gou kwaad te word nie. Luister klaar na die persoon voordat jy dink aan 'n antwoord om te gee. Partykeer wil die persoon net he jy moet luister.

Moet nie jou humeur verloor nie.

Oefen empatie

Om simpatiek te wees is nog 'n manier om vriendelik met ander te wees. Probeer om iemand te wees wat die gevoelens van ander verstaan. Dus, as jy regtig mooi wil optree, oefen empatie.

Raak Rustig raak stadiger, net om heeltyd besig te wees kan jou onvriendelik maak want jy is die heeltyd haastig. Stop and smell the roses.  Sien die klein dingetjies om jou raak.

Stel 'n voorbeeld.

Wat is beter van 'n rolmodel vir iemand anders as iemand wat altyd vriendelik is. Probeer om 'n voorbeeld te stel.



No comments:

Post a Comment