Sunday 15 May 2022

Doen die volgende glad nie meer nie

 Om te kla.

Dit is so  maklik om te kla, dit is moeilik om dankbaar te wees vir wat jy het. Sien die klein dingetjies raak wat jy wel het en vergeet van die dinge wat jy nie het nie.

Moet nie ander oordeel nie

Jy weet nie hoe hulle lewe is nie. Jy ken nie hulle pad wat hulle moet loop nie. Konsentreer op jou eie lewe.

Moet nie ander blameer nie

Erken jou foute en werk aan dit. Om die blaam speletjie te speel bring jou Nêrens nie. Jy groei net in jou eie lewe as jy 'n verskil wil maak.

Hou op om jou self te bekommer

Dinge sal uit werk soos dit moet op die regte tyd. Vertrou God Hy weet die beste vir jou.

Moet nie alles oordink nie

As jy 'n besluit gemaak het hou daarby moet nie heeltyd verander nie.



No comments:

Post a Comment