Wednesday 5 July 2023

Wees vol vertroue

 Jy is iemand wat God liefhet. Jy is nie jou swakhede nie. Jy is nie jou sondes nie. Jy is nie eers jou sterkpunte nie. Jy is iemand wat God liefhet, geniet en verlos. In Christus Jesus is jy splinternuut, deur en deur. Jy hoef nie in spyt terug te kyk, of in skaamte af te kyk nie. Jy kan opkyk en die Naam van Jesus eer, wat geleef, gesterf het en weer opgestaan het sodat jy kragtig, oorvloedig en ewig kan lewe. Weier dat jou terugslae of gemors jou definieer. Hulle doen nie. Hulle kan nie. Hulle sal nie. Wees vrymoedig, wees dapper en wees gelukkig in Jesus. Hy is opgewonde om jou as Syne te eis! Lekker dag vir jou.

1 Johannes 4:16 (NLV) ~ En so ken ons en vertrou ons op die liefde wat God vir ons het. God is liefde. Wie in liefde leef, leef in God en God in hulle.



No comments:

Post a Comment