Sunday 4 June 2023

Wees Dankbaar

 Wees dankbaar vandag ook vir die klein dingetjies. Sien die goeie raak en nie net die slegte nie.

Mag die wonder van Christus se liefde en die wonder van Sy verlossing jou van jou voete afvee en jou geloof weer aan die brand steek. Mag jy dit waag om weg te kyk van jou moedeloosheid en na jou Verlosser te kyk wat werklik alles nuut maak. Mag jou hart van geloof weer klop vir die beloftes wat God aan jou gemaak het. Mag jy die saak van geloof optel en vorentoe marsjeer met die wete dat God jou hand het, Hy is voor jou uit en Hy het Sy hand van seën op jou kop geplaas (Psalm 139:5). Ontwaak vandag tot vreugde! Aanvaar geloof vandag! Bid asof jy 'n God in die hemel het wat jou hoor en beweeg wanneer jy bid...want jy het! 'n Geseënde en pragtige dag vir jou hierdie dag!



No comments:

Post a Comment