Monday 15 May 2023

Jesus se gebed

 Wat leer ons uit Jesus se gebed in Getsemane:

1. Hy neem mense saam met Hom om saam met Hom te bid.

Al val hulle aan die slaap. Jy het mense nodig om saam met jou te bid in jou krisis tyd.

2. Hy bid nie net 'n skiet gebed nie. Hy bid vir ure.

Moet nie opgee in jou gebed nie. Spandeer tyd in gebed en verwag 'n antwoord.

3. Hy het sy lewe in God se wil geplaas nie sy eie nie.

Ons bid soms vir ons eie wil om te gebeur en nie God se wil nie. Plaas jou gebede in Sy hand en sien wat gebeur. Hy sien die groter prentjie en weet wat die beste is vir jou.

4. Volhard in gebed.

Moet nie opgee nie al lyk die omstandighede hoe sleg.




No comments:

Post a Comment