Sunday 28 May 2023

Daar is lig in die donker tonnel

Mag jy die verskil tussen gesonde grense en selfdienende besluite onderskei. God het nie vir jou 'n gees van vrees gegee nie, maar een van KRAG, LIEFDE en GESONDE VERSTAND. Ja, die dae vra om wysheid maar hulle vra ook om liefde, opoffering en geloof. Watter skelm gedagtepatroon het jy onlangs gevolg? Sit 'n "pad gesluit"-teken op en neem 'n meer verlossende pad. Het die vyand jou meedoënloos getart en geteister? Lig jou skild op en verklaar: “Nie vandag nie, Satan! En ook nie môre nie!”Kyk rond en deel jou skatte met diegene in nood. Bewaak jou hart en jou gedagtes. En deel dan mildelik jou lewe met diegene wat God vir jou aangestel het. Jy is een van God se groot gawes aan die wêreld.

Psalm 25:4-5 NLV ~ Wys my die regte pad, Here; wys vir my die pad uit om te volg. Lei my deur u waarheid en leer my, want U is die God wat my red. Die hele dag stel ek my hoop op jou.



No comments:

Post a Comment