Sunday 8 January 2023

Wees lief vir jouself.

 "n Nuwe jaar waar ons nog 'n jaar het om jouself te verander om 'n beter jy te wees.

Wees lief vir jouself, kry nuwe gedagtes oor jouself en se net mooi dinge van jouself.

Respekteer jouself

Respekteer jouself deur op te staan vir jouself en jou oortuigings, al is dit nie gewild nie. Moenie toelaat dat mense oor jou loop of voordeel trek uit jou vriendelikheid nie. Jy verdien om gerespekteer te word, want jy is 'n waardevolle mens!

Werk daaraan om jouself te vergewe vir die groter dinge. Soms hou ons vas aan groter spyt of oortredings. Selfvergifnis is 'n proses om bietjie vir bietjie te glo dat jy werklik die beste gedoen het wat jy kon.

Vandag kan jy natuurlik beter doen. 

 Onthou: “Wanneer ons van beter weet, doen ons beter”.



No comments:

Post a Comment