Wednesday 18 January 2023

Is jy die beste rol model vir jou kinders?

 Staan jy vir wat jy in glo? As jou kinders  sien hoe vas jou geloof is en wie jy jou vertrou in plaas. Sal dit vir hulle maklik wees om eendag ook te bid en na God toe te gaan vir hulle probleme.

Is jy  veroordelend? Hoe maklik is dit nie vir ons as ma's om die foute uit te wys eerste as om ondersteunend te wees en net te luister nie. Ons is  vinnig om oplossings te gee of te oordeel. Partykeer wil ons kinders he ons moet luister.

Volg die raad: Wees gou om te luister en nie gou om te praat nie en nie gou om kwaad te word nie.

Ons wil ons kinders beskerm teen alle gevaar, maar ons moet ons kinders in God se hand toe vertrou.

Hulle het ons bemoedigende woorde nodig en nie ons kritiek nie.



No comments:

Post a Comment