Tuesday 22 November 2022

Hou aan hoop

 Daar is een ding wat my weer hoop laat kry: Die Here hou nooit op om vir ons om te gee nie. Hy bly getrou. Sy liefde het ons gespaar. 'n Mens kan altyd op U vertrou. Elke oggend is U maar weer daar. Die Here is baie goed vir elkeen wat op Hom hoop. Dit is goed om geduldig te wag. 

Ons kan God vertrou dat Hy ook aan ons getrou sal wees en op die regte tyd vir ons sal voorsien wat Hy weet ons nodig het. Ons ongelowige lag sal in vreugde verander as ons geneig is om Hom meer te vertrou as wat ons oë kan sien.




Monday 21 November 2022

Leef in geloof

 Begin in geloof beweeg wanneer die weg nie duidelik is nie. 

Dit wil voorkom asof God nooit aan iemand wat hy noem al die besonderhede vooraf gee nie, hy lei hulle eerder elke stap van die pad. So wanneer God jou lei om iets te doen, moet jy nie afgelei word deur alles wat jy uiteindelik nodig sal hê of die uitdagings wat mag kom nie. Terwyl jy beweeg, sal God vir jou sê wat om langs die pad te doen.

Lewe deur geloof, nie beheer nie

'n Lewe wat deur geloof gekaraktiriseer is, word nie deur angs en onsekerheid beheer nie.

Dit is die reis wat ons vorm. Die “reis” is die weg waarin ons ons verskille met God ontdek en uitwerk. Dit is die tyd dat ons bewus word van die oortuigings wat ons moet ontwikkel. Dit sal enige gebrek aan vertroue blootlê en ons help om enige verkeerde siening van God uit te klaar.

Fokus op die beloftes. Ons leef in buitengewone tye. Die toekoms het nog nooit so onseker gelyk nie. Die arbeidsmark het nog nooit so broos gelyk nie, die politieke klimaat was nog nooit meer verdeeld nie en ons kalender het nog nooit so onvoorspelbaar gevoel nie. 

Al wat ons kan doen is om gefokus te bly op die Een wat die toekoms in Sy hande hou. Loop in geloof want Hy ken die pad.



Sunday 20 November 2022

Leer uit Noag se lewe

Maak nie saak wat ons vir onsself probeer sê nie, 'n deel van elkeen van ons wil aanvaar voel. Ons wil met ander verband hou en soos ander leef. Ons wil normaal voel. Noag het in 'n tyd van groot korrupsie en sonde gelewe, en hy het nooit daarin gegee nie. Hy is deur ander mense as anders gesien, maar ook deur God. Dit was sy onwilligheid om te lewe in die manier waarop ander geleef het wat hom afgesonder het en God toegelaat het om Noag vir hierdie  taak te kies. Dit het nie saak gemaak wat die ander mense van Noag gedink het nie. Dit het saak gemaak wat God gedink het. 

Noag het homself afgesonder deur aan God getrou te wees en nie in sondes oor te gee nie. Die taak om 'n ark te bou wat die groot verskeidenheid diere wat Noag moes red, kon huisves, gaan nie maklik wees nie. God het iemand nodig gehad wat getrou genoeg was om deur die moeilike tye te kom wanneer dinge nie noodwendig duidelik was nie. Hy het iemand nodig gehad wat na Sy stem kon luister en Sy rigting kon volg. Om aan God getrou te wees, het Noag toegelaat om sy belofte na te kom.

Ons het almal twyfel wat ons in die gesig staar wanneer ons ons lewens vir God leef. Dis normaal. Soms probeer mense om ons uit te praat van wat ons vir God doen. Soms raak dinge baie rof en dit lyk asof ons wilskrag opraak. Noag het ook daardie tye gehad. Hy was tog mens. Maar hy het volhard, en hy het gefokus op God se plan. Sy familie het dit na veiligheid gehaal, en God het hulle met 'n reënboog beloon om hulle te herinner aan wat hulle vir Hom gedoen het en wat hulle oorleef het. God was die een wat Noag van krag voorsien het om al sy kritici en al sy probleme te oorkom. God kan dieselfde vir jou ook doen.

 Noag se gehoorsaamheid het hom toegelaat om twee  kenmerke te ontwikkel: geloof en geduld.



Wednesday 16 November 2022

Lewe in geloof

 Daar is dinge in hierdie lewe wat regtig nie sin maak as ons ons menslike oë gebruik nie. Met die oë van geloof is ons egter in staat om die beloftes van God raak te sien en daarvan verseker te wees Volgens menslike redenasie moes Henog net gevolg het wat gerieflik is gedurende sy tyd. Maar omdat Henog in geloof met God gewandel het, het hy gekies om 'n lewe te lei wat God behaag.

So dikwels, is dit nie waarop ons in onsself fokus nie - ons onvolmaaktheid? Die Here het iets anders in Henog gesien, en Hy sien ook ons potensiaal raak en wil hê ons moet dit ook raaksien. Die Here se boodskap aan Henog was in wese, “Moenie op jouself fokus nie; fokus op My.”

Om sterker in ons geloof te groei, moet ons die Koning van die heelal leer ken. Ons moet tyd saam met Hom spandeer. Ons moet met Hom in gesprek tree. Ons moet Sy hart leer ken. En ons moet saam met Hom wandel.




Tuesday 15 November 2022

Wat kan ons leer uit Abel se lewe

 God kyk na ons hart -

God ken elke voorneme en motivering wat ons het. Hy is nie bly wanneer ons iets vir Hom aanbied terwyl ons in ons agterkop kla en murmureer nie. Bid daarom tot God dat Hy jou sal help om die regte hart te hê voordat jy jou lewe aan God aanbied.

God is meer besorgd oor die ontwikkeling van ons karakter eerder as om ons net 'n gemaklike lewe te gee wat nie nederlaag of lyding ken nie.




Sunday 13 November 2022

Wat doen God vir jou?

 Hy vergewe jou verkeerde Dade.

Hy genees al jou siektes.

Hy verlos jou lewe van die Dood.

Hy bekroon jou met liefde.

Hy vul jou lewe met goeie dinge.

Hy gee jou arms vol krag.

Hy help jou wanneer jy onderdruk word.

Hy is geduldig met jou.

Hy sorg vir jou.



Thursday 10 November 2022

God is my sterkte

 God is ons toevlug en ons krag, in Nood is Hy gereed om te help. Daarom sal ons nie bang wees nie. 

Wees stil en weet Ek is God! 

Uitdaging vandag: Bak 'n koek vir jou vriendin en gaan gee dit vir Haar.



Wednesday 9 November 2022

Staan sterk

 Jas 1:17  Everything good, healthy and beneficial originates in heaven and comes down from the Father who created the universe. He is always good and will never alter his methods of love. He does not waver, and he is certainly not the source of darkness and death! 

Mat 4:4  Jesus answered, "The Scriptures say: 'No one can live only on food. People need every word that God has spoken.' " 

Om dankbaar te Bly is om op God se Woorde te vertrou. Net goeie dinge Kom van God af. Hoekom Kry ons dan swaar, want ons is in hierdie wereld wat nie ons tuiste is nie en nie aan ons behoort nie.

Ons het God elke dag nodig sonder Hom is daar niks om voor dankbaar te wees nie.



Monday 7 November 2022

Moet jou nie bekommer nie

 God weet wat jy nodig het. God sal in elke behoefte van julle voorsien. 

Wees dankbaar vir God se liefde vir jou. Hy gee meer vir jou om as wat jy dink.

Skryf vandag 5 dinge neer wat jy van jouself hou. 



Sunday 6 November 2022

Dankbaarheid in jou hart

 Ek wil die Here heeltyd prys, ek sal Hom dag en nag met lofliedere loof. Ek sal liedere oor die Here sing om Hom te eer. In gebed het ek die Here gevra om my te help en Hy het dit gedoen. Hy het my gered van al die dinge wat my lewe bedreig. My gesig straal van blydskap. Ek hou die Here se hand styf vas en sal nie teleurgestel word nie. Die Here help my uit al my krisisse. Ek is gelukkig want ek is afhanklik van die Here om my op te pas. Die Here voorsien aan al my behoeftes. Hy sal vir my sorg. 

Vermy slegte dinge. Doen net goeie dinge aan Ander. Lewe in vrede met mekaar. Die Here sal my nooit alleen los nie. Daarom skrik ek vir niks nie.

Wees stil en weet dat God in beheer is. 

uitdaging: Doen iets vandag wat niemand sal verwag dat jy dit gaan doen nie.



Thursday 3 November 2022

Die Here as my Vriend

 Dag 4 van dankbaarheid:

Die Here is my Vriend, Hy sorg vir my. Hy gee die heel beste van alles. Omdat die Here by my is bekommer ek my nie. Hy gee my die krag om elke dag reg te lewe. Selfs wanneer die lewe vir my so Donker word dat ek nie weet watter kant toe nie, sal ek nie bang wees dat probleme my onderkry nie, want my Vriend is altyd daar. Die Here is goed vir jou.

Daarom kan ons so dankbaar wees vir alles wat Hy doen vir ons.

Uitdaging vir vandag: Gee bemoedigende woorde vir Ander rondom jou vandag.



Wednesday 2 November 2022

Dien die Here met blydskap

 Erken dat die Here God is! Hy het ons gemaak, en ons is Syne. Dank Hom en prys sy Naam. 

Want die Here is goed. 

Ons moet dankbaar weer vir wat die Here vir ons elke dag doen.

Watter kleur is jy dankbaar voor? Wees dankbaar dat jy kan sien, moet niks as van selfsprekend aanvaar nie. 

Uitdaging: Laat iemand vandag voor jou gaan in 'n ry.



Tuesday 1 November 2022

Ons het 'n toekoms.

 Die Here het ons lief met 'n groot liefde. Ons is verlos. Ons kan nie grootpraat oor wat God vir ons doen nie. Ons kan net dankbaar wees dat ons 'n toekoms het by God.

Komplimenteer iemand vandag al is dit almal in jou gesin. 

Uitdaging: Gaan stap in die natuur en besef dat God alles gemaak het vir jou.

                    Jy kan ook 'n koppie koffie vir iemand koop en rerig luister na jou vriendin.