Thursday 22 September 2022

Jou gedagtes

 Dink voor jy iets doen. Dit is so maklik om net te reageer te praat voor jy dink. Dalk moet ons eers stop asem haal dink en dan optree.

Ons kan nie hierdie doen in ons eie krag nie ons is mens en ons eerste reaksie is om terug te kap.

Vra vir die Here vir wysheid en om jou te help om eers te dink en dan te doen.

Vul jou gedagtes met God se woord. Memoriseer 'n teksvers vir vandag sodat jy daarop kan fokus al is dit so maklik soos Fil 4:4 Rejoice in the Lord.

Wat is in jou gedagtes, wat dink jy heeltyd aan. Is dit oorlaai met doen lysies of bekommernisse. Of vul jy jou gedagtes met dit wat mooi is, sien jy die mooi in ander raak en rondom jou. Leef positief en probeer vandag in alles die mooi te sien.



Tuesday 20 September 2022

Hoe om te ontspan

 Gaan stap in die natuur. Nog iets om te doen as die krag af is, gaan stap ontspan daar is niks wat jy daaraan kan verander nie.

Vat 'n bad met kerslig en ontspan. Maak jou gunstling drankie dit is nou voordat die krag af gaan.

As jy 'n troeteldier het spandeer tyd saam met jou beste vriend.

Wees kreatief en maak dinge daar is baie dinge wat jy kan maak sonder krag.

Wees positief en sien die mooi raak in die lewe. 



Monday 19 September 2022

Wat maak regtig saak?

 Lanklaas kon ek skryf, met die krag wat af is het ek darem vanoggend krag om 'n stukkie uit te stuur.

So wat maak regtig saak in die lewe? Raak ons moedeloos oor die krag? of gebruik ons daardie tyd om Bybel te lees. Dink daaraan 4 ure op 'n tyd is daar geen krag wat maak jy met daardie tyd?

Gaan besoek jy iemand wat daardie tyd ook bemoedigende woord nodig het, moet net nie gaan kuier en kla nie.

Jy het 4 ure tot jou beskikking of minder maar tyd wat jy nie op tegnologie kan spandeer nie. 'n Tyd wat God dalk vir jou belangrike dinge wil se.

Wat maak regtig saak vir jou in die tyd wat jy sonder krag sit?



Monday 12 September 2022

Gebed vir geduld

Seën my met geduld. Ek weet dat geduld Goddelik is, en ek wil graag ontwikkel en Christus beter volg.


Help my asseblief om deur moeilikheid te verduur. Verwyder oorhaastige woorde en onvriendelike reaksies uit my verstand en liggaam.


Gee my die hoop om my geloof te behou ten spyte van die probleme waarmee ek te kampe het.




Sunday 11 September 2022

Kyk na jouself

 Maak tyd om te beweeg. Net 5 minute se stap kan jou beter laat voel.

Eet gesond. Maak seker jy kry genoeg slaap. Wees lief vir jouself. Hanteer stres voordat dit jou verwoes.

Hanteer jou emosies reg, moet nie dat dit beheer van jou lewe oorvat nie. Erken jou emosies en hanteer soos dit opkom. Werk deur jou emosies. Aanvaar hoe jy voel en moet nie dit wegsteek nie.

Soek dieper betekenis in dit wat jy nou deur maak. Daar is 'n doel met alles. Niks is net per toeval nie.

Dink positief



Thursday 8 September 2022

Hoe bemoedig ons ander

 As jy iemand sien wat hartseer is of deur 'n swaartyd gaan of siekte. Hoe bemoedig jy daardie persoon? 

Ons kan liefde gee en 'n bemoedigende woord. Die liefde wat God in ons hart uit stort is die liefde wat ons met ander kan deel. Ons kan net deel dit wat onsself besit.

Onthou almal wat jy vandag ontmoet is 'n kind van God. Of hy nou glo in God of nie, hy is 'n geskape van God. Hanteer ander soos kinders van God en jy sal 'n verskil begin maak.

Vriendelikheid is 'n taal wat die dowes kan hoor en die blindes kan sien.



Tuesday 6 September 2022

Jy is 'n wenner

 Jy is 'n wenner as jy fokus op die dinge wat saak maak.

Moet nie opgee as dinge moeilik raak nie, gaan aan en veg deur die moeilikheid.

Moet nie bang wees dat jy gaan faal nie. As jy nie gaan probeer nie gaan jy nie wen nie.

Maak seker jy is saam met vriende wat ook wil wen in die lewe en nie die wat tou wil opgee en net die negatiewe raak sien nie.

Wees betroubaar. Doen meer as wat gevra word van jou. 

Dink positief as jy alreeds gedink het dat jy kan wen is jy al halfpad na die wenpaal toe.

Moet nie verskonings maak nie, as jy vergeet het om iets te doen of 'n fout gemaak het, erken dit en maak jou foute reg. 



Monday 5 September 2022

Jou eie keuse

 Die Here forseer niemand om Hom te volg nie, dit is jou eie keuse.

“Vandag gee ek jou 'n keuse. Jy kan lewe en sukses of dood en ramp Kies. Ek beveel jou om lojaal te wees aan die HERE, om te lewe soos Hy vir jou gesȇ het, en om sy wette en leringe te Gehoorsaam.  As jy hom Gehoorsaam, sal jy lewe en suksesvol en kragtig word”

 Om God te ken, moet jy hom toelaat. Net so sal jy iemand in jou huis inlaat. Hulle gaan nie inkom tensy hulle genooi is en niemand anders kan jou dwing om hulle in te laat nie.

Maak die regte keuse vandag. Jy het dalk net vandag.



Sunday 4 September 2022

Woorde vir vandag

 Kom na My toe, almal wat vermoeid en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee. Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus vind vir julle siele.

Daar is net een plek waar jy ware vrede kan beleef en dit is by die voete van Jesus. 

Begin jou week reg en vind rus by Hom.




Thursday 1 September 2022

Struikelblokke in jou lewe

Vergelyk jouself met ander

As ons die hele dag na foto's van ervarings en dinge kyk wat ander het, kan ons geluk een veeg op 'n slag afbreek.

Jy is uniek daar is nie nog een soos jy nie. Vier jou uniekheid. Wees net liefdevol en moet nie dink dit is ok om lelik te wees en dan dink dit is jou uniekheid nie.

Verwaarloos jou gesondheid

Gesondheids- en welstanddoelwitte is dikwels die eerste dinge wat opsy geskuif word wanneer ons besig raak of stres. Maar om ons dieet- of oefenroetine te laat glip, laat ons ook gewoonlik fisies slegter voel, wat 'n direkte impak op ons geestesgesondheid het.

Om net om die blok te stap en vars asem in te asem laat jou al klaar beter voel. 

 Balansering van lewe en werk

Ons is almal deesdae oorgeskeduleer en noudat ons almal letterlik ons werk huis toe geneem het, voel ons persoonlike en professionele lewens selfs meer vaag. Maar om nooit "af te meld" verhoog angs en stres, beïnvloed slaap en plaas 'n stremming op ons verhoudings.

Skep grense

Begin deur 'n tyd te stel om elke dag werk te begin en te beëindig. Gesels met jou baas en doen dan jou bes om daarby te bly. En wanneer dit by jou vrye tyd kom, is grense ook daar nodig. Maak seker jy het alleentyd wanneer jy dit nodig het of oefening of boodskappe kan skeduleer.