Kruip in God se arms. Wanneer jy seer het, wanneer jy eensaam voel, uitgelaat, laat Hom jou Wieg, troos, jou verseker van sy algenoegsame krag en liefde.
God is in beheer, en daarom kan ek in ALLES dankie sê – nie oor die situasie nie maar oor die Een wat Daaroor rig en regeer.
God weet Waarmee elkeen van ons te doen het. Hy ken ons druk. Hy ken ons Konflikte. En Hy het voorsiening gemaak vir elkeen van hulle. Daardie voorsiening is Homself in die persoon van die Heilige Gees, wat ons inwoon en ons bemagtig om reg te reageer.
Die wil van God vir jou lewe is eenvoudig dat jy jouself elke dag aan Hom onderwerp en sê: ‘Vader, U wil vir vandag is myne. Jy lei my vandag en ek sal volg
No comments:
Post a Comment