Monday 19 April 2021

Wat inspireer jou?

 Liefde,

Om liefde te bewys aan ander en om geliefd te wees. Hoe sou die lewe gewees het as niemand lief was vir iemand nie. Die eerste emosie wat ons wil ervaar is liefde. 

Is iemand lief vir my?  Hoekom is dit so belangrik? Want God het dit daar in ons hart geplaas. Hy is die eerste een wat vir ons liefde bewys of ons dit nou verdien of nie.

Dit is hoekom ons ook moet liefhe. Daarom die opdrag wees lief vir jou naaste soos jy vir jouself.

Jy moet jouself liefhe voordat jy vir ander kan liefhe.  Wys liefde vandag aan jou naaste 'n vreemdeling.

Wys liefde vir jou gesin, dit is so maklik om geirriteerd te raak met jou jong kind wat te veel vrae vra. Jou Tiener wat net beveel jou man wat net eise gee.

Wys liefde vandag en jy sal liefde ervaar op 'n manier wat jy dalk nie eers verwag nie.




No comments:

Post a Comment