Wednesday 7 April 2021

Lewens lesse

 Geld sal jou werklike probleme nooit oplos nie

Geld is 'n hulpmiddel;  maar dit is nie die wondermiddel vir jou probleme nie.


Daar is baie mense wat baie min geld het, maar tog 'n wonderlike en gelukkige lewe het ... en daar is ongelukkig baie mense wat nogal baie geld het, maar tog 'n vreeslike ellendige lewe het.


Geld kan 'n mooi huis, 'n wonderlike motor, fantastiese skoene, selfs 'n bietjie sekuriteit en sommige geriewe koop, maar dit kan 'n gebroke verhouding nie herstel of eensaamheid genees nie, en die "geluk" wat dit bied, is net vlugtig en nie die soort wat regtig en waar saak maak. Geluk is nie te koop nie. As jy die "goed" verwag wat jy kan koop om dit te verbeter, sal jy nooit gelukkig wees nie.

More kyk ons na nog lewens lesse.




No comments:

Post a Comment