Thursday 5 November 2020

Moet oor niks vrees nie

 Vertrou op die Here en moet jou nie so bekommer oor alles nie. Julle hoef nie gespanne of selfs bang te voel oor die toekoms nie. Wees sterk, dit is God wat by jou is oral waar jy gaan. God sal vir die res sorg. Hy sal elke dag vir julle genoeg kos en klere gee. Leef voluit vir God. Jy behoort aan God. Jou probleme sal jou nie onder kry nie, want Hy lei en beskerm jou. Word rustig, want daar is niks wat jou kan skei van God se liefde vir jou nie. Die Here sal jou help deur jou donkerste krisis. Met God aan jou kant kan niemand iets aan jou doen nie. Leef vol geloofsvertroue. 



No comments:

Post a Comment