Thursday 26 November 2020

Fluit -Fluit my storie is uit

 Die Here behandel ons reg. Hy hanteer ons sake reg en gee 'n regverdige uitspraak. Die Here kom sy beloftes na. 

Laat daar altyd goeie dinge van jou gese word. Leef so dat jy God tevrede stel en nie vir mense nie.

"n Gelowige se vreugde skyn soos 'n helder lig wat almal kan sien.

Met die laaste maand nog oor van hierdie jaar leef so met vertroue. Volgende jaar is jou toekoms nog steeds in Sy hande.  Met hierdie jaar wat verby is het ons die eerste blink gekry van wat kan gebeur wat heetlemaal buite ons beheer is. Ons het dinge beplan wat glad nie gebeur het nie. Daar het dinge met jou gebeur wat jy glad nie beplan het nie.

Dit leer ons net dat jou toekoms nie in jou beheer is nie.  Leef dan so dat jy op Hom vertrou, want Hy gaan voor ons uit en dan het ons niks om voor te vrees nie.

Ek sluit af die jaar en sal weer volgende jaar met julle gesels en positiewe denke vir julle gee. Al is daar hoeveel onsekerhede een ding kan jy wel beheer en dit is jou denke en hoe jy elke situasie gaan hanteer.

Leef vir Jesus!! 





No comments:

Post a Comment