Monday, 11 July 2022

Nog 'n kans

 Vandag is 'n skoon bladsy wat jy gebruik om alles te doen wat jy kan doen.

Jy gaan foute maak vandag, leer daaruit.

Jy gaan keuses moet maak kies om die regte ding te doen.

Jy is tot alles in staat vandag om jou beste te doen.

Die lewe bied jou altyd 'n tweede kans. Dit word môre genoem.


As alles verkeerd loop vandag onthou die volgende:

Sjokolade vra my nooit enige vrae nie, sjokolade verstaan.


Thursday, 7 July 2022

Watter Katagorie bevind jy jouself

 Met alles wat om ons gebeur is daar twee keuses wat mense maak.

Hulle raak Opgewonde of raak bang.  Watter kategorie val jy in.

Mense wat bang word en probeer rond skarrel om self planne te maak vir dit wat nog voorle. Krag wat nie seker is dat ons altyd sal he nie. Mense wat strike wat voorraad na winkels moet stuur begin jy 'n groente Tuin? Leef jy in onsekerheid en hou elke Nuusberig dop en probeer uitvind wat jou volgende stap moet wees?

Mense wat Opgewonde raak is die mense wat weet waar hulle eind bestemming is.  Hulle raak nie bang of begin rond skarrel nie. Een ding maak hulle wel seker hou hulle vas aan die Een wat alles beheer. Hulle plaas hulle vertroue in God en nie in mense nie.



Monday, 4 July 2022

Tyd

 Wat maak ons met ons tyd? Hoe spandeer jy jou tyd?

Ons kan nie nou se ons het nie genoeg tyd om sekere dinge te doen nie. Daar is 2 ure van die dag en meer wat ons sonder krag sit. Hoe gebruik ons daardie tyd.

Sit ons en kla of gebruik ons daardie tyd om produktief iets te doen, wat nie krag nodig het nie.

Ons hou ons so besig maar wat is rerig sinvolle tyd?

Elke dag het jy 12 ure tot jou beskikking. Gebruik jou tyd sinvol en moet dit nie mors nie.

Tyd is gratis dit kan nie gekoop word nie. Jou kinders gaan dalk jou tyd wil koop as jy nie genoeg tyd saam met hulle deur bring nie.

Die belangrikste tyd wat jy saam met God deurbring tel!



Sunday, 3 July 2022

Dink vandag

 Wat kan ek anders doen? 

Dink voordat jy praat. Dink voordat jy doen. Laat jou gedagtes beheer word deur Hemelse dinge.

Dink Positief. Dink daaraan om gelukkig te wees. Dink om vrolik te wees.

Gebruik jou doen en late om vir ander 'n seen te wees. Dink en doen vandag dinge anders.



Thursday, 30 June 2022

Dankbaar

 Vandag moet ons weer kyk Waarvoor ons dankbaar kan wees.  Dit is 'n nuwe maand met nuwe uitdagings.

Dit is baie makliker om neerslagtig te word as om dankbaar te bly.

Wees bly jy het nog krag al is dit 'n bietjie op min tye.

Gebruik die tyd wat jy kragloos is om dinge te doen vir jouself of saam as gesin.  

Ek is dankbaar ek kan weer 'n blog vir julle stuur. Probeer na die goeie en positiewe kyk.

Die van julle wat glad nie deur load shedding gaan nie tel jou seëninge en bid en dink aan ons wat wel daar deur gaan.



Monday, 27 June 2022

Bevestigings

 Ek sien uitdagings en struikelblokke as geleenthede om myself te verbeter.

Moet nie altyd die ergste verwag nie.

Vandag kies ek die hoër pad -

die pad van liefdadigheid, aanvaarding,

liefde, onbaatsugtigheid, vriendelikheid.

Wk word elke oggend wakker met 'n glimlag op my gesig en ek dink om die hele dag met liefde en positiwiteit deur te bring

Vandag gaan beter wees as gister.

Ons weet niks van môre nie; ons besigheid is om vandag goed en gelukkig te wees.



Thursday, 23 June 2022

Help ander

 Dit is beter om te gee as om te ontvang. Wanneer ons ander help vergeet ons van onsself en ons fokus op die dinge wat saak maak.

Het jy dalk daaraan gedink om 'n mentor vir 'n Tiener te wees. Om hulle by te staan met die besluite wat hulle moet maak vir die toekoms.

Wees vandag daar vir iemand en help waar jy kan. Vra vir die Here waar hy wil he jy moet help.


Gesin uitdaging nr. 8: Laat die kinders die kombuis oorvat van Ontbyt tot aandete maak.



Wednesday, 22 June 2022

Geniet die lewe

 Om heeltyd te kla maar jou neerslagtig. Kom ons geniet die lewe en sien die Positief raak en die mooi in die lewe.

Ons kan die lewe geniet en voluit lewe, sonder vrees.  Die lewe is daar om ten volle te lewe, as dit eers verby is wat het jy om vir dit te wys?

Kyk terug na jou lewe en wanneer het jy dit die meeste geniet?

Geniet jou gesin want jy is nie gewaarborg om hulle altyd by jou te he nie.

Lag meer en frons minder.

 

Familie uitdaging nr. 7: Movie night at home maak popcorn op die stoof en kyk 'n gesin movie saam wat jou gaan laat lag.





Tuesday, 21 June 2022

Jou Gedagtes

 Waaraan dink jy Heeldag?

Wat jy nog alles moet doen op jou te doen lysie?

Wat alles vir jou wag by die huis?

Jou kinders, jou gesin?

Jou gedagtes word opgeneem deur so baie dinge, wanneer dink jy aan God? 

Word jy stil en vul jou gedagtes eers met sy woord?

Stel God se Koninkryk eerste en al die ander dinge sal in plek val. 

Laat God jou gedagtes beheer en dit Oppas.


Familie uitdaging nr. 6: Maak Ontbyt saam!




Monday, 20 June 2022

Waardering

 “Waardering kan 'n dag selfs 'n lewe laat verander. Jou bereidwilligheid om dit onder woorde te bring is al wat nodig is.” 

Hoeveel keer 'n dag Waardeer jy die mense om jou en se dit vir hulle? 

Spreek jou waardering uit vir jou huweliksmaat vandag en se dankie vir alles wat hulle vir jou doen.

Waardeer jou kinders vir wie hulle is en wat hulle kan word.

Waardeer jou vriende wat daar vir jou is as jy hulle nodig het.


Familie uitdaging nr. 5: Lees 'n storie saam, hoe lank terug het julle nie stories saam gelees nie. As jou kinders klein is,  is die maklik met tieners in die huis wat vas geglue is aan hulle selfone, wel nou dit is 'n uitdaging om saam 'n storie te lees.





Sunday, 19 June 2022

Laat gaan net een ding

 As daar vandag net een ding is wat jy kan laat gaan, wat sal dit wees?

Wel myne is bekommernis, daar is geen rede om te worry nie. Maar die duiwel hou daarvan om ons besig te hou met dit want dan kan hy ons tyd steel.

So ek laat dit gaan en totsiens se vir dit. Ek gaan begin lewe met die wete dat God daar is en dat Hy vir my veg. So as bekommernis by my deur weer wil aan klop hou ek die deur toe.


Familie uitdaging nr 4: Doen 'n scavenger hunt vandag.




Tuesday, 14 June 2022

Wees Dankbaar

 Wees dankbaar vir al jou seëninge. Daar is so baie om van te tel. Vir ons as mens is dit maklik om te kla.

Hoekom so moeilik om dankbaar te wees? Ons oe is gerig op die sigbare dinge en dan kan ons net probleme sien en nie die uitkomste nie.

God seen ons elke dag met so baie. Kyk om jou rond vandag en sien die mooi raak en begin om dankbaar te lewe. 

challenge 3 vir jou gesin - Haal 'n puzzle uit en begin weer saam 'n puzzle te bou.



Monday, 13 June 2022

Verander net 1 ding

 Wat is jou swakheid? Kies net een om vandag te verander.

Ek gaan een Kies en dit is om hardkoppig te wees. Ek hou van "my way".

As ons so ingestel is om dinge te doen op een sekere manier dan kyk ons dalk die lewe mis.

So ek gaan vandag anders kyk na ander en dinge doen op ander maniere en nie net my manier nie.

Ons gaan ook aan met die Gesin challenge: Vandag speel as gesin saam "hide and seek"