Tuesday 25 October 2022

Watter pad kies jy?

 So sê die Here,

“Staan by die weë en kyk en vra na die ou paaie,

Waar die goeie weg is, en wandel daarop;

En julle sal rus vind vir julle siele.

Maar hulle het gesê: ‘Ons sal nie daarin loop nie.

Jer 6:16

Ons wil baie keer se ons is nie soos daardie persoon nie ons is beter as daardie een. Ons sal darem nie soos die Isrealite wees of die Fariseers nie.

Maar as ons rerig eerlik is en mooi ons self afvra is ons presies soos hulle.

Ons vra vir God die pad maar ons het al klaar ons eie idee van die pad wat ons wil loop en dan die pad wat Hy kies vir ons wil ons dan nie loop nie.

Sy weg is die beste, dit is nie dalk die maklikste nie, maar die beste want die eind bestemming is ewig.




No comments:

Post a Comment