Monday 10 October 2022

Vrede

 Ons vra die vraag hoe kan ek vrede beleef as alles rondom my in mekaar tuimel.

Wel Jesus het belowe Hy gee vrede aan jou nie soos die wereld nie. Sy vrede is gemoedsrus dat jy weet Hy is in beheer. Dat jou hart nie onsteld raak met dinge wat rondom jou gebeur nie.

Want jy weet dat Hy jou in Sy hand vashou en dat niemand jou daaruit kan ruk nie. 

Sy vrede gaan alle verstand te bowe. Dit is 'n vrede wat jou hart bewaar. Hou vas aan Sy vrede want dan kan jy enige storm tegemoet gaan want Hy is in die boot en sal jou storms stil maak.



No comments:

Post a Comment