Monday 31 October 2022

Nuwe maand van dankbaarheid

 November is die maand van Danksegging.  Kan ons die hele maand gebruik om Dankie te se vir dit wat ons het in ons lewe.

Kom laat ons sing tot eer van die Here! Die Here is 'n groot God. Ons is onder sy sorg.

Ons kan dankie se vir die manier hoe God vir ons sorg. Ons is sy kinders. Geniet God se skepping om jou.

Skryf 3 dinge neer waarvoor jy dankbaar is vandag.

Dankbaar vir my man wat so goed vir my sorg.

Dankbaar vir my kinders wat so hard leer.

Dankbaar vir my gesondheid.

Ruik 'n slag na 'n blom of 'n nuwe geur kos. 

'n Uitdaging: Bak koekies en gaan gee vir iemand wat dit nie verwag nie.

See the source image

No comments:

Post a Comment