Thursday 30 June 2022

Dankbaar

 Vandag moet ons weer kyk Waarvoor ons dankbaar kan wees.  Dit is 'n nuwe maand met nuwe uitdagings.

Dit is baie makliker om neerslagtig te word as om dankbaar te bly.

Wees bly jy het nog krag al is dit 'n bietjie op min tye.

Gebruik die tyd wat jy kragloos is om dinge te doen vir jouself of saam as gesin.  

Ek is dankbaar ek kan weer 'n blog vir julle stuur. Probeer na die goeie en positiewe kyk.

Die van julle wat glad nie deur load shedding gaan nie tel jou seëninge en bid en dink aan ons wat wel daar deur gaan.



Monday 27 June 2022

Bevestigings

 Ek sien uitdagings en struikelblokke as geleenthede om myself te verbeter.

Moet nie altyd die ergste verwag nie.

Vandag kies ek die hoër pad -

die pad van liefdadigheid, aanvaarding,

liefde, onbaatsugtigheid, vriendelikheid.

Wk word elke oggend wakker met 'n glimlag op my gesig en ek dink om die hele dag met liefde en positiwiteit deur te bring

Vandag gaan beter wees as gister.

Ons weet niks van môre nie; ons besigheid is om vandag goed en gelukkig te wees.



Thursday 23 June 2022

Help ander

 Dit is beter om te gee as om te ontvang. Wanneer ons ander help vergeet ons van onsself en ons fokus op die dinge wat saak maak.

Het jy dalk daaraan gedink om 'n mentor vir 'n Tiener te wees. Om hulle by te staan met die besluite wat hulle moet maak vir die toekoms.

Wees vandag daar vir iemand en help waar jy kan. Vra vir die Here waar hy wil he jy moet help.


Gesin uitdaging nr. 8: Laat die kinders die kombuis oorvat van Ontbyt tot aandete maak.



Wednesday 22 June 2022

Geniet die lewe

 Om heeltyd te kla maar jou neerslagtig. Kom ons geniet die lewe en sien die Positief raak en die mooi in die lewe.

Ons kan die lewe geniet en voluit lewe, sonder vrees.  Die lewe is daar om ten volle te lewe, as dit eers verby is wat het jy om vir dit te wys?

Kyk terug na jou lewe en wanneer het jy dit die meeste geniet?

Geniet jou gesin want jy is nie gewaarborg om hulle altyd by jou te he nie.

Lag meer en frons minder.

 

Familie uitdaging nr. 7: Movie night at home maak popcorn op die stoof en kyk 'n gesin movie saam wat jou gaan laat lag.





Tuesday 21 June 2022

Jou Gedagtes

 Waaraan dink jy Heeldag?

Wat jy nog alles moet doen op jou te doen lysie?

Wat alles vir jou wag by die huis?

Jou kinders, jou gesin?

Jou gedagtes word opgeneem deur so baie dinge, wanneer dink jy aan God? 

Word jy stil en vul jou gedagtes eers met sy woord?

Stel God se Koninkryk eerste en al die ander dinge sal in plek val. 

Laat God jou gedagtes beheer en dit Oppas.


Familie uitdaging nr. 6: Maak Ontbyt saam!




Monday 20 June 2022

Waardering

 “Waardering kan 'n dag selfs 'n lewe laat verander. Jou bereidwilligheid om dit onder woorde te bring is al wat nodig is.” 

Hoeveel keer 'n dag Waardeer jy die mense om jou en se dit vir hulle? 

Spreek jou waardering uit vir jou huweliksmaat vandag en se dankie vir alles wat hulle vir jou doen.

Waardeer jou kinders vir wie hulle is en wat hulle kan word.

Waardeer jou vriende wat daar vir jou is as jy hulle nodig het.


Familie uitdaging nr. 5: Lees 'n storie saam, hoe lank terug het julle nie stories saam gelees nie. As jou kinders klein is,  is die maklik met tieners in die huis wat vas geglue is aan hulle selfone, wel nou dit is 'n uitdaging om saam 'n storie te lees.





Sunday 19 June 2022

Laat gaan net een ding

 As daar vandag net een ding is wat jy kan laat gaan, wat sal dit wees?

Wel myne is bekommernis, daar is geen rede om te worry nie. Maar die duiwel hou daarvan om ons besig te hou met dit want dan kan hy ons tyd steel.

So ek laat dit gaan en totsiens se vir dit. Ek gaan begin lewe met die wete dat God daar is en dat Hy vir my veg. So as bekommernis by my deur weer wil aan klop hou ek die deur toe.


Familie uitdaging nr 4: Doen 'n scavenger hunt vandag.




Tuesday 14 June 2022

Wees Dankbaar

 Wees dankbaar vir al jou seëninge. Daar is so baie om van te tel. Vir ons as mens is dit maklik om te kla.

Hoekom so moeilik om dankbaar te wees? Ons oe is gerig op die sigbare dinge en dan kan ons net probleme sien en nie die uitkomste nie.

God seen ons elke dag met so baie. Kyk om jou rond vandag en sien die mooi raak en begin om dankbaar te lewe. 

challenge 3 vir jou gesin - Haal 'n puzzle uit en begin weer saam 'n puzzle te bou.



Monday 13 June 2022

Verander net 1 ding

 Wat is jou swakheid? Kies net een om vandag te verander.

Ek gaan een Kies en dit is om hardkoppig te wees. Ek hou van "my way".

As ons so ingestel is om dinge te doen op een sekere manier dan kyk ons dalk die lewe mis.

So ek gaan vandag anders kyk na ander en dinge doen op ander maniere en nie net my manier nie.

Ons gaan ook aan met die Gesin challenge: Vandag speel as gesin saam "hide and seek"



Sunday 12 June 2022

30 Day challenge

 Wie kan 'n 30 dae uitdaging doen? Dit hang af wat dit is?

Kom ons probeer 'n 30 dae wat ons tyd saam bring met ons gesin, nie voor die tv nie en nie net as ons op vakansie is nie.

Dit gaan strek van 13 Junie tot 13 Julie en elke dag gaan ek 'n idee gee om saam jou gesin iets te doen.

Vandag se uitdaging is om 'n bord speletjie saam te speel. Groot uitdaging as een van jou gesinslede nie hou van bord speletjies nie. Kies een wat almal saam kan speel en 'n tyd wat almal pas. 

Kom ons sien wat gebeur en comment wat julle gespeel het en of dit 'n goeie tydjie saam was.



Thursday 9 June 2022

Jou Glimlag

Wanneer jy glimlag is dit aansteeklik. Iemand gaan wel terug glimlag. Hoeveel keer 'n dag lag ons, en hoeveel keer glimlag ons?

Kom ons voor as vriendelik of nors? Groet jy mense met 'n glimlag of groet jy glad nie?

Glimlag vandag vir almal en sien hoe jou dag opkikker. Iemand het dalk net vandag jou glimlag nodig.

N dag sonder vreugde is 'n gemorsde dag.
Charlie Chaplin



Wednesday 8 June 2022

Wysheid vir vandag

 Alles wat jy doen, moet jy opdra aan die Here, dan sal jou planne slaag.

Hoeveel van ons maak ons eie planne, en dan as dit nie uitwerk nie dan raak ons kwaad en gee vir God die skuld. Het ons Hom eerste geraadpleeg?

God weet die beste vir jou en die planne wat Hy het is beter as jou eie planne. Vertrou Hom vir jou dagtaak en sien hoe alles in plek val.



Tuesday 7 June 2022

5 Beloftes om aan vas te hou

 1. God sal jou nooit verlaat nie

2. Die Stryd behoort aan die Here

3. Sy genade is vir jou genoeg.

4. Hy sal voorsien aan al jou behoeftes.

5. Die planne wat Hy vir jou het is Voorspoed.



Monday 6 June 2022

Wie het jy nodig?

 Ons as mense het mense nodig in ons lewe. Ons het ander nodig om beter te Vaar.

Die een persoon wat ons wel nodig het wat so baie dinge vir ons kan doen is : Jesus!

Meer van my Jesus wil ek hoor, van Sy genade oor en oor, meer van Sy volle reddingskrag, meer van Sy liefde elke dag.

Meer van my Jesus wil ek leer, meer an Sy wil, dit bring Hom eer, Heilige Gees kom woon in my, wil U my Heiland toon aan my.

Laat Jesus meer word in jou lewe!



Sunday 5 June 2022

Om dinge anders te doen

 Ons dink altyd daar aan - as ek maar dinge net anders gedoen het.

Elkeen van ons doen dinge Waaroor ons dan spyt is. Te vinnig gepraat, te vinnig gereageer.

As ons een ding kon oor doen wat sou dit wees?

Ek sal wou meer geduld toe gepas het met my kinders. Minder gekyk het na hulle foute en gekonsentreer het op wie hulle is.

Ons as mammas is dalk hard op ons self en ons opvoeding wat ons gee. As vrou wil ons meer tyd saam bring met ons man en meer liefde gee.

As vriendin wil ons soms net luister as om elke keer net raad net te gee.

As daar een ding is wat jy kon oor doen wat sou dit wees?



Thursday 2 June 2022

Vergewe

Bybelse vergifnis: Om te vergewe beteken nie dat ons vergeet nie, net dat ons aktief veg om die seer aan God oor te gee. Kies om nie die oortreding te onthou of dit teen die persoon te hou nie. Daar is groot Vryheid hierin. Jy onthou dalk nog die daad, maar bid dat jou hart geen kwaadwilligheid of woede sal bevat wanneer jy dit onthou nie. Die oortreder woon dalk reeds in 'n selfgemaakte tronk van skuld en skaamte as gevolg van wat hulle gedoen het. Die laaste ding wat jy wil doen is om die Sleutels van Vryheid vas te hou.

Wees lief vir jou vyande. Bid vir hulle. Vra die Here om hulle hart sag te maak en te bid vir versoening en herstel.

Praat die waarheid in liefde met ander. Sê duidelik vir ander dat hulle jou onreg aan gedoen het en die manier waarop hulle dit gedoen het. Moenie toelaat dat hulle jou mislei om te glo dat die oortreding jou skuld is nie. Doen dit in die hoop dat hulle meer Volwasse in die geloof sal word.

Vestig en Handhaaf duidelike grense tussen jouself en ander. Wanneer iemand jou aanstoot gee, wees gou om te vergewe en stadig om kwaad te word.

Vra die Heilige Gees om enige Wortels van bitterheid of wrok te openbaar wat dalk wortel geskiet het weens 'n oortreding wat nie ten volle vergewe is nie. As die Heilige Gees niks openbaar nie, dan weet jy dat jy vergewe het. As die Gees 'n prentjie, woord of visioen van 'n aanstootlike manier openbaar, raak vinnig daarvan ontslae, sodat dit nie wortel skiet nie.

Die Verlore Seun-gelykenis in Lukas 15:11-32 is 'n uitstekende voorbeeld van geregtigheid en genade. Die oudste broer wou hê dat sy verlore broer vir al sy oortreding moet betaal. Tog het die vader 'n hand uitgesteek om bly te wees en fees te vier omdat die verlore seun van sy Bose weë gedraai het. Bid dat die oortreder hul lewe aan Christus gee. 

Die beste raad wat ek nog oor vergifnis gehoor het, is: jy weet jy het iemand vergewe wanneer jy ophou om in 'n negatiewe lig oor die oortreding te praat.



Wednesday 1 June 2022

Vra vir wysheid

Vra vir wysheid wat antwoorde skep. Vra vir wysheid om die uitdagings vir vandag en môre te hanteer. Wens nie dit was makliker nie; wens jy was beter.

As julle egter in 'n situasie kom waar julle twyfel oor wat die regte ding is om te doen, gaan vra vir God. Hy sal nie Snaaks van julle dink of julle verwyt omdat julle onseker is hom om vir Hom te leef nie. Hy sal julle eerder help met alles wat julle nodig het. Gaan vra, Hy sal gee.