Tuesday 24 May 2022

Maak tyd vir jouself

 Jy kan nie vir ander sorg as jy nie jou eie grootste prioriteit is nie. Glo dit of nie, sodra jy dit regkry om jouself 'n prioriteit te maak, sal jy baie meer vervullende verhoudings kan skep.

Daar is soveel giftige mense rondom ons dat ons dit nie eers besef tot die oomblik dat ons onsself meer begin Waardeer nie. Jy sien nie eers hoe hulle jou Dreineer of hoe hulle jou ellendig maak nie en dit is omdat jy nie genoeg lief is vir jouself nie.

Praat Positief met jouself. Jou selfgesprek is ongelooflik belangrik. Jy kan inderdaad die patrone verander en dit Positief in plaas van Negatief maak. Dit verg net 'n bietjie tyd en Moeite. Jy kan jouself nie help as jy Wreed met jouself praat nie.

Versprei liefde oral. Miskien klink dit simpel, maar wanneer Laas het jy vir iemand liefde gegee net om dit te doen? Geluk verwek Geluk. Wanneer jy jouself 'n prioriteit maak, skyn jou lig deur jou – deel die vreugde!



No comments:

Post a Comment