Sunday 21 November 2021

Behind the scenes

 Sal dit nie lekker kon gewees het as jy patykeer net kon sien wat agter die skerms gebeur nie?

As jy kon sien hoe die duiwel aanval nie? Hoe hard hy werk om jou te vernietig? Hy haat die mensdom en sal alles probeer om jou te vernietig as jy 'n kind van die Here is. 

Jy raak verstrengel in jou probleme en sien nie God se hand werk nie. Hy werk harder as die duiwel en sy planne slaag, want jy is Sy kind en vertrou op Hom.

As ons God loof terwyl ons wag op die wonderwerk dan kan ons nie mismoedig raak nie. Die duiwel wil he ons moet heeltyd vas kyk in ons probleme en alles wat wil en kan verkeerd loop. Ook dit wat wel dan verkeerd loop. 

Kyk op en doen die volgende

Vra en vir jou sal gegee word, Soek en jy sal vind, Klop en die deur sal vir jou oopgemaak word. 

Hou vas aan God se beloftes en moet die duiwel geen vashou in jou lewe gee nie. 

Jy leef as 'n oorwinnings kind want God het jou lief en sal dat alles ten goede meewerk vir die wat Hom liefhet.



Thursday 18 November 2021

Begin elke dag nuut.

Omhels die nuwe, moenie dit vrees nie. Die kenmerkende tema lui: “Mense vrees wat hulle nie verstaan nie”. En dit is geweldig waar. Ons het ons eerste treë as babas gegee. As ons dit gevrees het, kon ons nooit geleer het om te staan, en loop, en hardloop, en alles anders te doen nie. Moet dus nie vrees wat jy nog nie ervaar het nie, leef dit eers.



Monday 15 November 2021

Nuwe gewoontes

 Kweek vandag nuwe gewoontes. 

Glimlag meer en stres minder.

Vertrou die Here meer.

Wees vrolik en laat jou gesig straal.

Sien die mooi in die lewe raak.

Leef vandag Vreesloos!!!



Sunday 14 November 2021

Bereik jou doelwitte

Maak seker jy het die regte ingesteldheid

Om jou doelwit te bereik, het jy die regte ingesteldheid nodig. Jy moet positief wees en die motivering hê om aan jou doelwitte te werk. As jy begin deur te dink, stel ek hierdie doelwit, maar hoe op aarde gaan ek dit bereik, die stappe wat jy moet neem gaan baie moeiliker wees.

Om te weet hoekom jy hierdie spesifieke doelwit wil bereik, is 'n goeie beginpunt. Wees toegewyd, entoesiasties en passievol oor jou doelwit.

Hou in gedagte dat, hoewel jy dalk 'n tydlyn geskep het, jy dit dalk later moet aanpas. Die lewe is vol onvoorsiene komplikasies. As jy een raakloop, pas jou tydlyn aan sonder om negatief te voel oor die verandering. Dit sal jou uiteindelik net help om vorentoe te beweeg.



Tuesday 9 November 2021

Wat het jy nodig vandag?

 Om Dankbaar te wees!!!

Wat  jy vandag het is geleen en seeninge van bo aan jou.  So wees dankbaar al is dit min en word jy dalk geseen met baie.

Hoeveel keer se ons dankie. Ons is geneig om net te vra en vergeet om dankie te se vir wat ons het.

Sing en wees bly want jy het baie om voor dankbaar te wees.



Monday 8 November 2021

Jy kan groot dinge doen

 Kyk na die groot prentje elke dag.  Bly in die oomblik en moet nie miskyk wat God vandag vir jou wil leer nie. 

Jy is in staat om groot dinge te doen as jy toelaat dat God in jou werk. Jy is geskape met 'n doel. Gebruik jou talente en leef dit uit.

Elke dag is 'n geskenk gebruik dit ten volle. Gister is verby, jy weet nie of more joune is nie. Leef voluit vandag sonder enige vrese.

Bly Glo!! 



Sunday 7 November 2021

"n Groep vriende

Moenie jouself beperk deur net een "beste vriend" te hê nie. Jou vriendskap is iets besonders wat jy kan deel met almal wat 'n vriend nodig het! Soms dryf vriende uitmekaar of val uit. Dit is deel van die lewe. Om meer as een vriend te hê, beteken dit is meer waarskynlik dat daar iemand sal wees wat jou kan help wanneer jy dit nodig het.

Koester jou vriende vandag!



Thursday 4 November 2021

Wat wil jy meer van he

 Wel... ek soek meer vreugde in my lewe

Die lewe laat so maklik swartgallig raak. Dat jy voel alles loop verkeerd jou tyd is nie jou eie nie.

Jy voel kan hierdie jaar nou maar net klaar kry en hoop volgend jaar is beter.

Waar is die vreugde dan? Om elke dag sinvol te lewe met 'n lied in jou hart en 'n glimlag op jou gesig.

Kyk na ander mense as jy vandag ry hoeveel mense weerspieel vreugde?  Hoeveel lag uitbundig? Wie glimlag?

Begin vandag en maak 'n besluit om vreugde in jou hart toe te laat. Om te lag en te glimlag maak nie saak wat jou kant toe gegooi word vandag nie.




Tuesday 2 November 2021

Hoe sien jy vrees?

 Is Vrees 'n werklikheid in jou lewe. Wat vrees jy die meeste voor?

Onsekerheid is die groot vrees in my lewe.  Nie altyd seker kan wees wat gaan kom nie. 

As jy kan dink aan die movie Titanic. Hulle het hulle vetroue in 'n skip geplaas wat gemaak is om nooit te sink nie.  Hulle vertroue was in 'n sigbare ding.

Ons Vertroue is in God die onsigbare, maar tog wys Hy ons hoe om te vertrou. Ware liefde dryf alle vrees uit.

Die skip tref 'n ysberg, en Rose se vir die kaptein ek het die ysberg gesien en ek sien die ysberg in jou oe.

Wat sien ander in jou oe. Vrees vir die ysberg, of Liefde en vertroue in God.