Thursday 29 July 2021

Hy sal jou nooit teleurstel nie

 Daar is een persoon wat jy altyd op kan vertrou. God!

Hy is die enigste een wat die toekoms ken en jou vas hou en jou nooit sal laat gaan nie.

Hy ken jou by jou naam.  Hy sal vir jou sorg en jou beskerm.

Die wereld het lee beloftes, maar God se beloftes staan vas.

Vertrou Hom met alles al jou vrese en jou hele lewe.



Wednesday 28 July 2021

Jou glimlag

As dit by glimlag kom, geld die ou gesegde van 'fake it' till you make it '. Het jy geweet die feit dat jy glimlag genoeg is om jou dopamien- en serotonienvlakke te verhoog? Dit verlaag ook spanning en versterk jou immuunstelsel!

Al is jy nie baie vrolik nie, probeer dan die tyd neem om jou lippe op te draai. Selfs 'n vals glimlag sal werk! Met verloop van tyd sal jy waarskynlik agterkom dat dit minder moeite verg, en voordat jy dit weet, voel jy van nature 'n bietjie meer opgewek.

Dit laat jou vriendelik klink.

Nêrens is hierdie verskynsel meer duidelik as wanneer jy telefonies met iemand praat nie. As die persoon aan die ander kant van die lyn glimlag, duur dit nie lank voordat hul buiging, volume en toon die voorbeeld volg nie.

Om hierdie rede word medewerkers van kliëntediens dikwels geleer om 'met hul stem te glimlag' om hul klante op hul gemak te stel. Dit is 'n kritieke deel van die vestiging van vertroue, die opbou van handelsmerk loyaliteit en om so vriendelik en betroubaar moontlik voor te kom.

Glimlag vandag al is dit agter jou masker.



Tuesday 27 July 2021

Wat is ek goed in?

 Ek hou van leier posisies.  Hou van om leier te wees en dinge gedoen te kry. Ek hou van om planne te maak en dan dit ook uit te voer.

Ek is baie eerlik en se 'n ding reguit hoe dit is.  Daarom is dit belangrik vir my om te leer om alles in liefde te doen.

Ek maak besluite oor kennis wat tot my beskiking is. Ek is 'n roetine mens en doen alles volgens lysies.

Daarom het God my geseen met my kinders wat heeltemaal die omgekeerde is sodat ek leer daar is meer in die wereld as net lysies.



Monday 26 July 2021

Die waarheid maak vry

 Dit is soos my tiener sal se: ek weet wat die waarheid is dit is om dit te doen wat so moeilik is.

Ons glo so maklik maar as dit kom om die opdrag uit te voer en die waarheid te praat dan kan ons maklik verskonings uitdink.

Om in die waarheid te leef is om geen leuens te glo nie. Om altyd die waarheid te praat in liefde.

Alles wat jy doen moet jy in liefde doen.  Deel die waarheid sonder om te oordeel.

Volg die waarheid heelhartig nie met een voet in die wereld en een voet by Jesus nie. Volg Hom met jou hele hart.



Sunday 25 July 2021

Dink aan dinge wat saak maak

 Daar het so baie dinge gebeur vandat ons laas gepraat het.  Waarmee moet ons, ons gedagtes besig hou?

Die dinge wat om ons gebeur is belangrik, maar moet nie ons gedagtes so opneem dat ons vergeet wat belangrik is nie.

God is en bly in beheer.  Ons moet dink aan dinge wat vir Hom belangrik is. Bly Vertrou op Hom wat sal sorg. Maak seker jou hart is vol liefde vir ander.  Bemoedig ander en gee vir die wat nie het nie.

In swaar tye is dit so maklik om net aan self te dink.  God vra van jou om vir ander te leef en nie net vir jouself nie.

Leef sy liefde uit. Hou jou gedagtes skoon van kommernisse en glo in al Sy beloftes.