Wednesday 5 August 2020

Vriendskap

Vriendskap is soos die natuur. Soms waai ons by mekaar verby sonder om te stop en te vra hoekom die ander so hartseer lyk. Ons is so gewoond om net te antwoord:" Dit gaan goed dankie", en "Sien jou later." Soms sien ons eers baie later die hartseer in hulle harte en wonder hoekom ons nie rerig gevra het wat aangaan nie. As die Here na ons kyk sien Hy net pragtige blomme. Almal is ewe mooi, ewe kosbaar, ewe goed in sy oe. Vergewe my as ek op 'n wintersoggend nie vir jou 'n trooskombersie van woorde wou oorgooi teen die rypskade nie. Vergewe my as ek op 'n lenteoggend selfsugtig met my eie nuwe blare loop en spog. Vergewe my as ek op 'n warm somersdag nie vir jou 'n tydjie gemaak het nie, omdat ek te besig was, te haastig was om aan jou die koelte van my vriendskap te bied. Gee vandag spesiaal aandag aan jou vriende

No comments:

Post a Comment