Monday 31 August 2020

As ek Moedeloos wil word

U alleen is my Here. U is die heel belangrikste in my lewe. Gelukkig help God my altyd! Die Here hou my lewe in sy hand vas. Om tussen al die harde werk deur nog te kan eet en drink en gelukkig te wees is 'n geskenk uit die hand van God. As God my bly en gelukkig maak, dink ek glad nie aan hoe kort en swaar die lewe is nie. God sal sorg dat al die Goeie dinge wat ons doen 'n reuse-oes oplewer. So sal ek en ander mense selfs nog meer van die Here se Goedheid in my lewe beleef. God sal sorg dat ek altyd meer as genoeg het om van te leef. Hy maak ons ryk genoeg om altyd vrygewig te wees.

Pin by Esme Duvenhage on Geestelik | Funeral poems, Evening greetings, Good  morning wishes

Sunday 30 August 2020

God is regverdig

Ek het baie voorbeelde wat ek kan gebruik om te bewys dat God regverdig optree. Hy leer ons wat reg en verkeerd is. God gee vir jou insig. Dan sal jy 'n Goeie aanvoeling he vir wat reg en gepas is in elke omstandigheid waarin jy beland. Lewensgeluk begin by liefde vir die Here. Sonder liefde is daar geen lewensvreugde nie. Wysheid sal jou van verkeerde dinge weghou en jou lewe verryk. Wysheid moet gesien kan word daar waar mense 'n moelike situasies reg hanteer, daar waar die regte woorde op die regte oomblik gese word.

Gedagte vir die dag – Hy verhoor my smeekgebede – Weskerk

Thursday 27 August 2020

Werk elke dag hard

"n Mens kan elke dag met oorgawe werk. Jy het wysheid nodig om jou werk reg te Verrig. 'n Dwaas kan egter alle Goeie dinge met een woord vernietig.  Jy is suksesvol as jy wandel in God se wee.  Jy voel tevrede met jou werk as jy weet jy het alles ingesit. Doen jou werk eerlik. Wys vir ander wie leef in jou hart.  Doen jou werk vir die Here en nie vir mense nie.  Jou beloning is ewig en nie Volgens die standaardie van hierdie wêreld nie. Moet nie lui weg steek en verskonings maak om die beste werk te Verrig nie. Gee jou aller beste vandag.

Gedagte vir die dag – Ten goede meewerk – Weskerk

Wednesday 26 August 2020

Kritiek

Dit is so dat dit nie lekker is om eerlike kritiek te hoor nie, maar dit kan my miskien help. Om reg gehelp te word is vir ons eie beswil. Jy kan ook mense aanmoedig om vas te byt. Jy kry ook nuwe energie om aan te gaan deur mense wat jou Bemoedig. As jy weet hoe kritiek jou laat voel dan neem ek aan jy probeer eerder om goed te se wat ander kan help. Om hulle pyn ligter te maak. Party is net daar uit met hulle kritiek om seer te maak, hulle woorde is soos skerp messe wat stukkend sny. As jy mooi praat kan jy ander maklik oortuig. Soos 'n mens dink praat jy. Mooi woorde is soos iets lekkers. Aangenaam om te eet en goed vir die liggaam. Se 'n woord op die regte tyd, dink voordat jy net wil kritiseer. Partykeer is dit die slimste ding om te doen om net stil te bly.

HERE, GEE MY ASSEBLIEF 'N BRIL VAN DEERNIS SODAT EK MET MEDELYE IN PLAAS  VAN KRITIEK NA MY NAASTE KAN K… | Afrikaanse quotes, Scripture verses,  Inspirational quotes

 

Tuesday 25 August 2020

Wees Trots op wat jy het

Wees trots op jou werk, en doen dit goed. Jy werk vir die Here en nie vir mense nie. Wees trots op wie jy is, jy is 'n nuwe mens in Christus en is uniek. Jou vriendskappe hulle is daar om jou te Bemoedig en by te staan wanneer jy hulle nodig het. Jou gesin want julle is daar om mekaar te help en die beste uit mekaar te bring. Vergewe waar nodig dit help nie om 'n wrok in jou hart te koester nie. Jou verlede is deel van jou, maar jy hoef nie dat jou verlede jou huidige lewe verwoes nie. Leer uit jou verlede en gaan aan. Kyk na jouself en maak tyd vir jouself.

 April 2, 2018

 

Monday 24 August 2020

Leef Dankbaar

Ons moet vir God opreg dankie se, want Hy vat ons oral met Hom saam in sy groot oorwinningstog deur die wêreld. Op elke plek waar ons kom, gebruik God ons. Ek sal altyd liedere sing oor die Here wat so goed is vir my, omdat Hy my liefhet. Ek sal vir almal wil vertel dat 'n mens U altyd kan vertrou. Ek wil nooit vergeet hoe goed die Here vir my is nie. Jesus is goed vir my en beskerm my. Hy hou my veilig en help my as dit nodig is.

47 Best DANKBAAR images | Afrikaans, Afrikaans quotes, Afrikaanse ...

 

 

Sunday 23 August 2020

Net God Kan jou help

Jy kan jou self nie help nie. Dit is net God wat jou kan help en net God wat jou kan verander.

God sal jou saak regverdig behandel.  Mense is net daar om jou te sien faal. God is daar om jou op die regte pad te help.

Die Here hoor jou gebed en sal jou veilig hou. Die son sal weer skyn, al voel alles nou om jou donker.

Onthou dat van die begin af jy aan God behoort en Hy sorg vir jou. God sal jou nooit alleen los nie.

Ons is in alles van die Here afhanklik. God sal jou help teen mense wat jou aanval.

Jy voel of al jou probleme jou toegegooi het. Jy is Moedeloos. Een ding bly seker, jy kan op God bly vertrou om jou 'n uitkoms te gee en Hy sal nooit toelaat dat jy bo jou kragte versoek word nie.

Jy kan dus Opgewonde en bly wees, want daar is Niemand groter as God nie. Vlug na God toe, Hy sal jou help uit al jou moeilikheid.

Dit is die Here wat my help. Mense wat nie van my hou nie, sal my nooit onderkry nie. Ek sal hulle wen.

Moet nie op mense staat maak nie. Vertrou op God!!!

Related image

 

Thursday 20 August 2020

Ek Vertrou

Hy hou aan om groot dinge vir my te doen. Ek loof en prys sy Naam. Ek hef my hande op na U. Hy ken my beter as wat ek myself ken. Hy weet net hoe om vir my te sorg. Ek vertrou op Jesus.Ek glo in Sy Woord. Ek kan op sy beloftes rus, want ek weet dit is waar. U is met my tot die einde toe. Ek hoef niks te vrees nie.
 
 
Related image


 
 
 

Wednesday 19 August 2020

Wat is ons dankbaar voor?

Dit is net God wat ons laat wen. Op elke plek waar ons kom, gebruik God ons.

Ons is meer as oorwinnaars deur God wat ons lief het.

Ons is deel van God se familie.

Ek is dankbaar vir die dinge wat U doen.

U is goed vir my en voorsien in al my behoeftes. U wil net die beste vir my he.

U was nog altyd daar,ek kan niks uit my eie doen nie.

My lewe is 'n uitdrukking van U goedheid en genade.

Related image

Tuesday 18 August 2020

Die Lewe

Ek het toe weer begin studeer en navorsing oor wysheid en dwaasheid gedoen. Ek wou weet hoe 'n mens moet leef en wat die gevolg van 'n slegte lewe is.

Ek het besluit om alles wat in hierdie wereld gebeur te ondersoek en te probeer verstaan.

Ek het toe besluit om die lewe te geniet en uit te vind wat vreugde nou eintlik is.

Al hierdie kennis en insig het ek stukkie vir stukkie gekry toe ek die lewe bestudeer het.

Related image

 

Monday 17 August 2020

Pitkos vir vandag

Geld kan jou nie uit die kloue van die dood red nie. Jy kan nie die ewige lewe koop nie.

Los jou dom manier van lewe. Laat God jou leer hoe om gelukkig te leef.

Bly uit 'n dwaas se pad. Hy weet nie hoe om reg te leef nie. Luister eerder na iemand wat die lewe ken.

Laat staan al julle wraakplanne. Dit pas glad nie by gelowiges nie.

Wees tevrede met wat julle het en moenie heeltyd agter geld aanhardloop asof dit die belangrikste ding in julle lewe is nie. God sal jou nooit alleen los nie en Hy sal jou nooit in die steek laat nie.

Here ek het U baie nodig. U beskerm my.

Related image

Sunday 16 August 2020

Stel jou kant van die saak

Hoe doen ons dit sonder om lelik te wees of veroordelend te wees.

Moet nie net antwoord voordat jy nie na die hele saak geluister het nie.

Vra raad van ander om jou te help met jou saak.

Moet nie haastig wees om kant te kies nie. Ondersoek alle feite.

Moet nie jou ore doof hou vir raad nie, en moet nie jou hart verhard dat jy nie ander kan vergewe nie.

Maak seker jy kry die geleentheid om jou kant van die saak te stel. Praat rustig, deur jou humeur te verloor gaan jou niks in die sak bring nie.

Related image

Thursday 13 August 2020

Tyd raak min

Kry jou verhouding met die Here reg en Hy sal jou help om jou lewe weer op te bou. Raak ook ontslae van alles in jou huis wat nie reg is nie.

Daar is geen hoop vir mense wat God nie wil ken nie. As ek dinge gedoen het wat nie reg is in U oe nie, wys dit tog vir my!

Ek is bly oor U! Ek juig oor wat U gedoen het. Ek sal liedere sing om U te eer.

Ek wil baie graag doen wat U gelukkig maak. Daarom is U wil deel van my lewe.

Maak my opreg, maak my van kop tot tone nuut sodat ek kan vasstaan.

Laat ons U groot liefde beleef.

Loop op die water - sal ek loop saam met U, al kom die storms. Ek is nie bang nie, want U arms is rondom my.

Veilig deur die storms sal U my lei, ek is nooit alleen nie.

Related image

Wednesday 12 August 2020

Leef Reg!

Gaan kry eers julle lewens reg. Hou op hierdie verkeerde goed te doen. Los die slegte goed waarmeer julle besig is.

Eerbied vir God moet ons hele lewe vul. Ons moet met alles in ons daarna streef om volmaak te wees in ons toewyding aan God. Ons moet net doen wat Hy van ons vra.

Maak God se wil op die regte manier bekend. Tree altyd met integriteit op.

Probeer julle bes om nie met ander mense te stry of te baklei nie. Leef so dat God trots kan wees op julle.

Gee net vir God plek in julle lewe. Moenie dink julle verkeerde lewe is sommer niks nie.

Vandat U my gered het, het U in my hart 'n lied gegee om te sing.Ek leef vir die wêreld om niemand anders as Jesus te sien nie.

Related image

 

Tuesday 11 August 2020

Hoe waardevol jy is!!

Kyk 'n slag na die voels: hulle het nie groot skure waarin hulle elke dag hulle kos bere nie. Tog is hulle nooit honger nie. God sorg dat hulle elke dag genoeg het om te eet. Weet julle, julle is baie meer werd vir God as al die voels in die hemel.

Nou ja, as julle dit weet, hoef julle mos nie meer bang te wees vir wat mense aan julle kan doen nie.

Ja, Hy gee so baie vir julle om dat Hy elke haar op julle elkeen se kop getel het. Moet daarom nie bang wees nie. Julle is kosbaar vir God.

 

Monday 10 August 2020

Leen vir die wat vra

Hy sal julle voorspoedig maak in alles wat julle doen.

Dit is waarom jy vrygewig kan wees. Deel jou besittings met mense wat jou vra om hulle te help. Moenie mense wegjaag as hulle iets by jou wil leen nie.

Goeie mense kry ander mense jammer en help hulle.

Help dadelik. Moenie vir jou naaste se om liewer more te kom as jy hom vandag al kan help nie.

Wie baie vir ander gee, word al hoe ryker. Wie suinig is, word al hoe armer. Wie ander help om beter te lewe is self voorspoedig. wie ander se nood raaksien, is 'n gelukkige mens. As jy ander help sal jy gehelp word as jy dit nodig het.

Related image

 

Thursday 6 August 2020

Leef voluit vandag

Ek kan se ek sal met al my gekla ophou. Ek kan ook besluit om op the hou o met 'n lang gesig rond te loop en vroliker te wees.

Ek kan van my swaarkry vergeet. Die Here help my dan, Hy is die een wat getrou aan my bly.

Vertel liewers vir ander van die groot dinge wat die Here doen. Ek wil nooit vergeet hoe goed die Here vir my is nie. Ek loof Hom!

U Woord leer my hoe om te leef, U Woord maak my opgewonde. So lank as wat ek leef, sal ek U woord in my hart bere.

Dink vandag wat jy op die regte oomblik moet se en wat jy moet doen wie en wat jy eerder moet vermy. 'n Wyse manier van leef het groot waarde.

 

 

 

 

Wednesday 5 August 2020

Vriendskap

Vriendskap is soos die natuur. Soms waai ons by mekaar verby sonder om te stop en te vra hoekom die ander so hartseer lyk. Ons is so gewoond om net te antwoord:" Dit gaan goed dankie", en "Sien jou later." Soms sien ons eers baie later die hartseer in hulle harte en wonder hoekom ons nie rerig gevra het wat aangaan nie. As die Here na ons kyk sien Hy net pragtige blomme. Almal is ewe mooi, ewe kosbaar, ewe goed in sy oe. Vergewe my as ek op 'n wintersoggend nie vir jou 'n trooskombersie van woorde wou oorgooi teen die rypskade nie. Vergewe my as ek op 'n lenteoggend selfsugtig met my eie nuwe blare loop en spog. Vergewe my as ek op 'n warm somersdag nie vir jou 'n tydjie gemaak het nie, omdat ek te besig was, te haastig was om aan jou die koelte van my vriendskap te bied. Gee vandag spesiaal aandag aan jou vriende

Tuesday 4 August 2020

Nodig vir geen vrees

Ons is nie van die soort wat bang word en so ons plek by God verloor nie. Ons bly op Hom vertrou en sal saam met Hom vir ewig leef. Ons wat reg lewe sal die vrugte pluk. Wat beteken dit dan om op God te vertrou? Geloof of vertroue in God beteken om nie een oomblik te twyfel nie dat Hy sy beloftes sal hou en om daarna uit te sien. Dit is God wat ons nou styf vas hou sodat niks met ons gebeur wat ons geestelik kan seermaak nie. Hy is sterk genoeg om dit te kan doen. Vertrou daarom op Hom, want Hy gaan ons kom red. Daarom kan ons inderdaad baie bly en opgewonde wees. Die Here is by elkeen wat Hom dien en aanbid. Hy los niemand alleen wat Hom dien nie. Hy doen alles wat sy getroue kinders van Hom vra. Angs is soos 'n strik waarin jy vasgevang word. Jy kom nie los nie. Wie die Here vertrou voel veilig. Wat is ons gevolgtrekking oor alles wat ons tot nou toe gese het? Gos is aan ons kant, wie sou dit dan nog waag om teen ons te wees?

Monday 3 August 2020

Wat vandag in jou gedagtes aangaan

Daar gebeur dinge om ons wat ons nie altyd verstaan nie. Ons moet nie ons gedagtes laat vas gevang word met hulle wat verkeerde dinge doen nie. Mense hou jou dop om te sien wat jy gaan doen. Bly op die regtuit pad, dit sal jou gelukkig maak. Vermy slegte dinge, doen net die goeie en leef in vrede. Mense sal jou beskuldig van goed wat jy nooit gese of gedoen het nie. Dit is God wat nou luister gaan maak jou hart oop by Hom. God is daar om jou te help. Skaars sal jy om om hulp vra dan is Hy daar. By Hom kan jy nuwe moed skep vir hierdie dag. Die Here luister as jy bid, die Here sien as jy in 'n krisis is. Hy sal jou beskerm, gaan na Hom in jou desperaatheid.

Sunday 2 August 2020

Wie let op wat hy se, verstaan wat wysheid is. Wie sy humeur in toom hou, ken die regte lewenstyl. Om kalm te bly in elke situasie is om nie te veel te praat nie. Luister meer en praat minder. Jy moet mooi dink voordat jy antwoord. Moet nie net sommer die eerste ding se wat by jou opkom nie. Gee ander mense kans om te se wat op hulle hart is. Luister rustig na ander sonder om hulle te wil doodpraat. Wanneer dit dan wel jou kans is, gee jou mening. Ons almal maak foute en se verkeerde dinge. Jy is sterk as jy jou humeur kan beheer. Skree minder en praat rustig. Leef in vrede met mekaar. Vra vir die Here om jou hart rustig te maak, sodat jy vandag kan luister met jou hart.