Monday 25 April 2022

Waardeer jou lewe

 Tel jou seëninge vandag, jy gaan agter kom jy het baie om voor dankbaar te wees.

Wees dankbaar vir wat jy het al is dit hoe klein.

Kyk vorentoe en nie agter toe nie. Strek jou uit na wat voor jou is en maak jou los van wat agter is. Gister is verby en wat jy vandag doen beïnvloed jou toekoms.

Vergewe jou self en ander moet nie wrokke koester nie.

Doen die beste vandag wat jy kan.

I will give thanks to the Lord according to His righteousness, and will sing praise to the name of the Lord Most High.



Sunday 24 April 2022

Jou tyd

 Waaraan spandeer jy jou tyd?

Jou tyd is 'n geskenk dit is nie joune om net te mors nie.

Maak tyd om stil te word voor God en jou dag te beplan saam met Hom.

Begin dan eers om jou tyd te gebruik op die dinge wat Hy vir jou wys vandag belangrik is.

Dan sal jy agter kom jy het genoeg tyd vir die dinge wat belangrik is.



Thursday 21 April 2022

Sing vandag

 Sing 'n nuwe lied vandag. Vul jou lewe met sang.  As jy lof Liedere sing dan kan jy nie Mismoedig raak nie.

Bekommernis rem 'n mens af, bemoedigende woorde maak jou bly.

Bemoedig ander met jou woorde en moet nie vandag kla nie.

Roep ek tot Jesus Hy is getrou, Hy sal my altyd Digby Hom hou. Hy laaf my siel met Hemelse dou wanneer ek tot Hom roep.



Wednesday 20 April 2022

Deernis

 Wie van ons het deernis? Wie bewys deernis?

Een eienskap van deernis is om vriendelik te wees.

Hoe maklik is dit vir ons om vriendelik te wees met die persoon wat ons grensloos irriteer.

Dit is maklik om vriendelik te wees met iemand wat ook vriendelik is, of soos jy is.

God vra van ons om vriendelik te wees al is dit ons grootste vyand.

Ons maskers is nou af, dra weer 'n Glimlag op jou gesig wat almal kan sien, en wees vriendelik 24 uur vir vandag.




Monday 11 April 2022

Geduld

 Die enigste manier om geduld te ontwikkel. Is om in 'n Posisie te wees waar jy dit nodig het. Dit voel dalk of jy vasgevang is in omstandighede wat nooit verander nie omdat God wil he jy moet leer om Hom te vertrou in hierdie oorgangstyd. God sal jou omstandighede verander wanneer dit sy volmaakte tyd is om dit te doen, en wanneer God se tyd reg is, sal die tydsberekening ook vir jou perfek wees. Jou tyd in hierdie wagtyd is nie vermors as jy God dien net daar waar jy is nie.



Sunday 10 April 2022

Motiveering vir vandag

 Ons moet aanvaar dat ons nie altyd die regte besluite sal neem nie, dat ons soms sal droog maak – om te verstaan dat mislukking nie die teenoorgestelde van sukses is nie, dit is deel van sukses.” –

Moet nie net na jou foute kyk of daarby stil staan nie. Leer daaruit en gaan aan.

Moet nie te hard op jouself wees nie. 



Thursday 7 April 2022

Vandag is gevul met moontlikhede en geleenthede

 Jy het al die geleenthede wat jy nodig het om alles te bereik wat jy begeer.

Geleenthede word voortdurend aan jou gebied, maar dit is of jy dit gaan gebruik of gaan jy dat dit verby jou gaan. Daar word meer moontlikhede aan jou gebied as wat jy ooit kan gebruik of nodig het. Wees dankbaar vir so 'n oorvloed geleenthede om enigiets te bereik wat jy jou kan voorstel.

Wanneer geleenthede skaars lyk, weet dat jy dit dalk net nie raaksien nie. Troos jou in die wete dat hierdie vermoë heeltemal onder jou beheer is. Herinner jouself om aandag te gee en 'n oop gemoed te hou. 



Wednesday 6 April 2022

Los jou probleme

 Makliker gesȇ as gedoen ne.

Kom ons wees Positief vandag en vat een probleem en werk daar aan om dit op te los.

Erken wat die probleem is in jou lewe, dit help nie jy ignoreer dit en dink dit gaan weg gaan nie.

Vra vir hulp waar nodig, Partykeer maak jy die probleem groter as wat dit werklik is.

Skryf  'n doelwit neer wat jy wil bereik deur hierdie probleem op te los.

Werk aan 'n oplossing dit help nie net jy praat oor jou probleme nie vind oplossings.



Tuesday 5 April 2022

Kom uit die gemaksone

 Watter vrese hou jou vas, om nie te kan waag nie?

Los alle vrese dit is wat die vyand wil he, want vrees en geloof kan nie saam gaan nie. Jy het of die een of die ander.'

Hou vas aan jou geloof en spring oor die muur en leef voluit vandag, sonder enige vrese.

Groei in jou geloof want net deur een klein oorwinning te he oor jou vrese stel jou in staat om vorentoe te beweeg.

Wees positief in jou gedagtes en se vir jouself dat jy kan!

Leef  vol selfvertroue, want as God vir jou is wie kan dan teen jou wees.

Neem een klein tree vandag en los jou vrees.



Monday 4 April 2022

Wees positief vandag

 Los alle negatiewe gedagtes. Moet nie praat oor al jou probleme of bekommernis nie. 

Wees stil en weet dat God in beheer is. Laat al jou probleme by Sy voete neer en begin leef in dankbaarheid.

Lees en bid vandag uit God se woord. Moet nie vandag lelik praat van iemand anders nie of betrokke raak in skinderstories nie.

Laat gaan die verlede. Gister is verby, vandag is 'n nuwe dag met nuwe uitdagings.

Lag vandag! 



Sunday 3 April 2022

Wees dankbaar

 Jy leef!. Jy het opgestaan en het vandag om te leef vir Hom.

Wees dankbaar vir jou omstandighede. Dit kan dalk nie lekker wees nie, maar jy is daar vir 'n rede en dit is om jou te laat groei en 'n beter mens te maak.

Wees dankbaar vir jou vriende.  Hulle is daar om jou te help en jou te bemoedig.

Wees dankbaar vir jou werk. Werk ook vandag vir die Here en nie vir mense nie.

Wees dankbaar vir die vakansie wat jy gehad het saam met jou kinders.

Wees dankbaar vir jou gesin.